Dis so na as moont­lik aan per­fek

Al het hy drie jaar la­ter as al­mal an­ders na S­poeg­wolf be­gin luister, kan hy nou nie op­hou luister nie. Só skryf die rol­prent­ver­vaar­di­ger Niel van De­ven­ter oor dié groep se nu­we al­bum, Die don­ker to­ring.

Beeld - - Kuns & Vermaak - Van De­ven­ter is die ver­vaar­di­ger van die rol­prent Dis ek, An­na.

Ek gaan dit maar nou er­ken. Ek het drie jaar te laat die eer­ste keer S­poeg­wolf ge­luis­ter en dit was baie toe­val­lig dat ek het.

Ek en my vrou was aan’t ro­ad trip net bui­te P­let­ten­berg­baai toe ons na een van daai Ap­ple Mu­sic play­lis­ts ge­luis­ter het wat ge­ti­teld was Al­ter­na­tief A­fri­kaans of so iets. Tus­sen ’n klomp mid­del­ma­ti­ge gos­pel­rock­bands van plek­ke soos Potch het hier­die een song skie­lik be­gin speel en ons het ge­luis­ter. Weer ge­luis­ter. Ge­stop en al­les wat ons op iTu­nes van die be­trok­ke groep kon koop, ge­koop en daar­die he­le De­sem­ber nie weer iets an­ders ge­luis­ter nie.

Daar­die song was “E­lek­trie­se kind” van hul twee­de al­bum, So­mer, wat toe pas uit­ge­reik is en dit het my te­ge­ly­ker­tyd diep ont­roer en bit­ter op­ge­won­de ge­maak.

Ons was, wat rock & roll in A­fri­kaans be­tref, post-MK in ’n diep groef. In ’n ma­te is ons steeds, maar dit kan dalk so wees dat hier­die een swa­el­tjie wel die so­mer ge­maak het. Die groep be­staan uit die broers Da­nie en Mo­s­kou du Toit, hul boe­sem­vriend van baie jonk af, Al­bert van der Mer­we, en Chris von Wiel­ligh.

Da­nie skryf, Mo­s­kou speel trom­me, Al­bert speel bas­ki­taar, Chris speel e­lek­trie­se ki­taar en kla­vier en dan maak die ou­ens beur­te op al die in­stru­men­te en al­mal sing en har­mo­ni­se op ’n ma­nier wat ons dalk laas by Lukraak­e­taar in 2006 ge­hoor het.

Hul nu­we al­bum, Die don­ker to­ring, het pas ver­skyn en ek dink nie dit is ver­ge­sog om dit die bes­te A­fri­kaan­se al­bum van hier­die de­ka­de tot dus­ver te noem nie. Dit is deur die mees­ter­li­ke J­ü­r­gen von We­ch­mar by Sunset S­tu­di­os bui­te S­tel­len­bosch op­ge­neem en ver­vaar­dig. Dis hoog tyd dat ie­mand ’n do­ku­men­têr oor hier­die ou maak. Ek dink nie men­se be­sef hoe ar- mer die A­fri­kaan­se mu­siek­skat sou wees as dit nie vir hom was nie

Maar te­rug na die Die don­ker to­ring. Dis rou. Dit sny. Dit brand. En dit is eer­lik. Tot die been toe eer­lik.

Dit be­gin met wat mens ver­moed dalk ie­mand se ou­pa is wat “Prys die Heer” in ’n diep don­ker stem, moont­lik uit ’n don­ker to­ring, sing. Skie­lik kom daar ’n kla­vier en die oop en hoop­vol­le no­te wat weer­klink, is by­na ’n voor­bo­de . . . “Jy was lig­ter as my ska­du­wee. Jy was na­by, jy was jonk. Net jou oë kon jou weg­gee,” sing Da­nie die eer­ste woor­de van die al­bum. Dit gryp jou en dit los jou nie weer vir die vol­gen­de 12 son­gs nie.

Hul eer­ste al­bum, S­waar­te­krag, van 2012 was by­na ’n ode aan Cathryn of Ka­te­rein. So­mer het reeds min­der ver­wy­sings ge­had, maar ’n mens kon aan­voel al­les was nog pluis en kuis. Skie­lik voel dit met Die don­ker to­ring of daar bie­tjie ver­woes­ting en le­we in­ge­tree het.

Die li­rie­ke be­gin som­mer al by die der­de snit daar­van spreek dat al­les dalk nie meer heel­te­mal ou­kei is nie. Op “Geel” sing Da­nie: “Ek het jou ont­moet in al daai geel / Jy het daai d**s by jou ge­had / Ja die een wat my na­ge­maak het.”

Die mooi­ste din­ge word ge­reeld in pyn ge­bo­re, en hier­die is dui­de­lik nie ’n uit­son­de­ring nie. Wan­neer ons by die tien­de snit, “De­li­la”, kom, hoef ons nie meer te raai wat die re­de vir die pyn of die ge­brek aan ver­wy­sings na Ka­te­rein is nie. Dis dui­de­lik. Tog kry Da­nie dit reg om nie kwaad met kwaad te ver­geld nie en ook nie oor­dre­we sop­py e­mo­si­o­neel daar­oor te raak nie.

Hy los die ge­har­de S­poeg­wol­f­on­der­steu­ner met net ge­noeg lei­dra­de om sy eie af­lei­dings te maak en hy sluit ook nie die (ho­pe­lik) dui­sen­de men­se uit wat vir die eer­ste keer die groep gaan ont­dek nie. Die Hoof­lig se rap op De­li­la is ’n ver­de­re hoog­te­punt op hier­die al­bum.

Die don­ker to­ring is so na as wat dit kan kom aan die per­fek­te al­bum. Dis die soort al­bum wat sal staan vir ja­re ná e­ni­ge van die spook­a­sem wat jaar ná jaar die tref­fers­pa­ra­des oor­heers.

As daar oor 20 jaar van nou af nie meer in A­fri­kaans by een u­ni­ver­si­teit klas ge­gee word nie, maar daar word nog al­bums van hier­die klas en ka­li­ber ge­maak, sal die taal nooit as te nim­mer uit­sterf nie. )

Fo­to: A­LET PRETORIUS

Da­nie du Toit van S­poeg­wolf ty­dens hul op­tre­de by Op­pi­kop­pi ver­le­de jaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.