Wyn­uit­voer groei, maar die ran­de wil nie in­rol

Beeld - - Sake - Nel­lie Brand­Jon­ker

Suid-A­fri­ka se wyn­uit­voer het in die jaar tot ein­de Ju­nie vir die eer­ste keer in vier jaar toe­ge­neem, en toe met ’n aan­sien­li­ke 9% of 36 mil­joen li­ter.

Die Suid-A­fri­kaan­se in­lig­tings­lig­gaam van die wyn­be­dryf, Sa­wis, sê al­te­sa­me 449,2 mil­joen li­ter is uit­ge­voer, waar­van groot­maat­wyn die groot­ste deel uit­maak.

Die uit­voer van so­wel wyn wat ver­pak word as groot­maat­wyn het toe­ge­neem, maar die groot­ste by­drae is deur groot­maat­wyn ge­le­wer.

Die toe­na­me in groot­maat­wyn wat uit­ge­voer is, was 29,6 mil­joen li­ter.

Wyn­uit­voer na A­me­ri­ka, C­hi­na, Rus­land en Ka­na­da het skerp toe­ge­neem, on­der­skei­de­lik met 14,6 mil­joen, 9 mil­joen, 7,2 mil­joen en 6,2 mil­joen li­ter. Groot­maat Die groot­maat­uit­voer van wyn na A­me­ri­ka het die groot­ste by­drae tot die groei in uit­voer ge­le­wer.

Uit­voer na A­me­ri­ka het met 936% of 13,8 mil­joen li­ter op­ge­skiet.

Ook die groot­maat­uit­voer na C­hi­na het skerp toe­ge­neem, met 422% of 7,2 mil­joen li­ter, uit­voer na Ka­na­da was 47% of 6,1 mil­joen li­ter meer.

Maryna Calow, kom­mu­ni­ka­sie­be­stuur­der van die wyn­be­dryf se uit­voer­lig­gaam Wi­nes of South A­fri­ca, meen die aan­sien van die Suid-A­fri­kaan­se wyn­be­dryf is be­sig om in­ter­na­si­o­naal te ver­be­ter om­dat Suid-A­fri­kaan­se wy­ne ’n paar in­ter­na­si­o­na­le kom­pe­ti­sies ge­wen het.

Sy meen Suid-A­fri­kaan­se wy­ne word al hoe be­ken­der daar­voor dat hul­le waar­de vir geld bied en nie net lek­ker, goed­koop wyn is nie.

“Ons wyn­toe­ris­me werk ook en men­se wat hier­heen kom, be­sef ons is ’n land wat top­ge­hal­te­wyn pro­du­seer.” Waar­de Die wyn­be­dryf suk­kel die laas­te ja­re om be­ter pry­se in die bui­te­land vir sy wyn te kry en daar is ’n sterk fo­kus om die in­kom­ste uit uit­voer te ver­be­ter.

Die in­kom­ste uit uit­voer het met 1,7% ge­daal, groot­liks om­dat die waar­de van uit­voer na die tra­di­si­o­ne­le uit­voer­be­stem­mings vir Suid-A­fri­kaan­se wyn ge­daal het.

Die uit­voer van wyn wat ver­pak is, se waar­de het met 3,6% ge­daal.

Die waar­de van uit­voer na A­me­ri­ka, Rus­land en C­hi­na het eg­ter ge­styg.

Calow sê wyn­uit­voer na Rus­land het baie goeie groei ge­toon. Die pro­bleem tree in met die waar­de van die uit­voer.

Die prys per li­ter wat vir die wyn be­taal word, trek uit­ein­de­lik die waar­de van die ver­ko­pe af.

Calow sê die feit dat Rus­land die der­de groot­ste be­stem­ming vir Suid-A­fri­kaan­se wyn is, laat Wi­nes of South A­fri­ca nie juig nie.

“Die mees­te daar­van is groot­maat­wyn en die pry­se is nie baie goed nie.

“Dit is nie iets waar­oor ons skree van op­ge­won­den­heid nie,” sê Calow.

Suid­A­fri­kaan­se wy­ne word al hoe be­ken­der daar­voor dat hul­le waar­de vir geld bied en nie net lek­ker, goed­koop wyn is nie. — MARYNA CALOW

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.