Mo­tor op­ge­veil: Ge­maak na E­li­za­beth II se spe­si­fi­ka­sies

Beeld - - Sake - El­ma Klop­pers

’n 2001-Daim­ler Ma­je­stic-mo­tor wat vol­gens per­soon­li­ke spe­si­fi­ka­sies vir ge­bruik deur ko­nin­gin E­li­za­beth II van B­rit­tan­je ver­vaar­dig is, kom op 26 Ju­lie on­der die ha­mer.

Die af­sla­er H&H Clas­si­cs wat die vei­ling by die Dux­ford-oor­logs­mu­seum in En­ge­land gaan be­har­tig, re­ken die ko­nink­li­ke mo­tor kan vir tus­sen £45 000 (so­wat R775 499) en £55 000 (so­wat R947 833) ver­koop word.

’n Per­soon­li­ke toe­voe­ging is ’n kas­sie tus­sen die voor­ste sit­plek­ke wat spe­si­aal in­ge­rig is om die ko­nin­gin se hand­sak vei­lig bin­ne be­reik te hou.

“Ko­nink­li­ke mo­tors be­land nie dik­wels op die vei­lings­vloer nie, maar as hul­le daar be­land, kan hul­le mak­lik teen ’n pre­mie ver­koop,” sê Da­mi­an Jo­nes, hoof van ver­ko­pe by H&H Clas­si­cs.

In 2001 is be­sluit dat ’n nu­we mo­tor­be­leid vir die ko­nin­gin no­dig is en dat die ko­nink­li­ke huis­hou­ding Rolls Roy­ce- en Daim­ler­li­mou­si­nes moet groet. Die ko­nin­gin se nu­we ver­voer­mid­del moes meer be­skeie wees en die Daim­ler Ma­je­stic 4 li­ter met sy lang on­der­stel was die ant­woord. Dié mo­tor was van Ju­nie 2001 tot Ja­nu­a­rie 2007 in ko­nink­li­ke diens en het slegs 15 400 myl (so­wat 25 000 km) ge­ry.

Die ko­nin­gin is deur chauf- feurs daar­in rond­ge­ry, maar sy en haar ga­de, prins P­hi­lip, het by tye ook self be­stuur.

Die ko­nin­gin is be­kend daar­voor dat sy van don­ker­groen mo­tors vir eie ge­bruik hou en dié een is in ’n “B­ri­tish Ra­cing G­reen”-kleur met ’n lig­te leer­be­kleed­sel. Sy het ’n broer­tjie dood aan si­ga­ret- en si­gaar­rook en ge­volg­lik is die mo­tor vol­gens haar spe­si­fi­ka­sie nie met aan­ste­kers of as­bak­ke toe­ge­rus nie. Die mo­tor is toe­ge­rus met vei­lig­heids­lig­te waar­van die ska­ke­laars ver­steek is waar die si­ga­ret­aan­ste­ker en die as­bak sou wees.

“Om­dat die mo­tor nog ko­nink­li­ke ek­stras het, sal dit goed on­der die ha­mer doen,” sê Jo­nes.

Fo­to: H&H CLAS­SI­CS

Die 2001­Daim­ler Ma­je­stic wat vol­gens per­soon­li­ke spe­si­fi­ka­sies vir die ge­bruik van ko­nin­gin E­li­za­beth II van B­rit­tan­je ver­vaar­dig is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.