SA Ex­press stoei in hof teen aan­soek om li­kwi­da­sie

Beeld - - Sake Nuus - Vi­da Booy­sen

Die staats­be­heer­de lug­diens SA Ex­press gaan ’n aan­soek om sy li­kwi­da­sie teen­staan. Die aan­soek is Vry­dag deur So­len­ta A­vi­a­ti­on, ’n maat­skap­py wat vlieg­tuie ver­huur, by die hoog­ge­regs­hof in Jo­han­nes­burg in­ge­dien. Hier­vol­gens skuld SA Ex­press hom R87,3 mil­joen.

Vol­gens Vic­tor Xa­ba, waar­ne­men­de uit­voe­ren­de hoof van die lug­diens, is die aan­soek deel van ’n voort­sle­pen­de dis­puut tus­sen die t­wee maat­skap­pye.

“Nou moet die regs­pro­ses ge­volg word,” het Xa­ba aan Fin2 ge­sê.

Hy sê SA Ex­press ont­ken nie dat hy wel geld aan So­len­ta A­vi­a­ti­on skuld nie, maar daar is ’n dis­puut oor die be­drag wat ge­skuld word.

So­len­to A­vi­a­ti­on is ’n ge­spe­si­a­li­seer­de kom­mer­si­ë­le lug­vaart­ver­hu­rings­maat­skap­py wat on­der meer vlieg­tuie ver­huur en lo­gis­tie­ke steun­diens­te en op­lei­ding bied. S­te­phen Jol­ly, die maat­skap­py se be­dryfs­di­rek­teur, sê in hof­stuk­ke die geld wat SA Ex­press skuld, is vir die huur van vlieg­tuie en an­der diens­te wat tus­sen Ok­to­ber 2016 en Ju­nie van­jaar ge­le­wer is en dat die lug­diens nie sy skuld kan te­rug­be­taal nie. Hy sê ook dat die lug­diens se­dert Sep­tem­ber 2016 nie sy R12 mil­joen maan­de­lik­se huur be­taal het nie.

Xa­ba sê dat SA Ex­press met sy regs­ver­teen­woor­di­gers be­raad­slaag en steeds hoop om die dis­puut bui­te die hof te be­sleg. Hy het ook die ver­se­ke­ring ge­gee dat SA Ex­press sy skuld kan be­taal.

Ver­le­de week het die te­sou­rie ’n R2,207 mil­jard-red­dings­boei na SA Ex­press se moe­der­maat­skap­py, die Suid-A­fri­kaan­se Lug­diens (SAL), ge­gooi. Die suk­ke­len­de staats­be­heer­de lug­diens moes ’n le­ning van S­tan­dard C­har­te­red Bank te­rug­be­taal.

I­na­ti Nts­han­ga, SA Ex­press se vo­ri­ge uit­voe­ren­de hoof, is on­ver­wags in A­pril deur Xa­ba, ad­junk­hoof van De­nel, ver­vang. Die SAL, Man­go en SA Ex­press het in die af­ge­lo­pe de­ka­de saam R35 mil­jard in die vorm van be­dryfs­ver­lie­se en fi­nan­si­ë­le hulp deur die staat ver­loor.

Die re­ge­ring be­plan die af­ge­lo­pe jaar of t­wee al om die drie staats­be­heer­de lug­diens­te weer saam te voeg.

Die staats­be­heer­de lug­diens SA Ex­press staan ’n hof­aan­soek om sy li­kwi­da­sie teen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.