RPO ‘ver­wel­kom’ on­der­soek na sa­me­span­ning by vleis­ver­skaf­fers

Beeld - - Sake Nuus - – Vi­da Booy­sen

Die Rooi­vleis­pro­du­sen­te or­ga­ni­sa­sie (RPO) het vir die eer­ste keer amp­te­lik ge­re­a­geer op die Me­de­din­ging s kom­mis­sies e on­der­soek na be­weer­de sa­me­span­ning on­der die land se groot­ste vleis­ver­skaf­fers.

In ’n ver­kla­ring wat op die RPO se web­tuis­te ge­pu­bli­seer is, sê die or­ga­ni­sa­sie hy ver­wel­kom e­ni­ge on­der­soek wat vry­e­mark­be­gin­sels sal ver­se­ker en sal ook sy vol­le sa­me­wer­king gee met e­ni­ge on­der­soek. “Die RPO is ge­boek­staaf dat hy nie so ’n on­der­soek ver­soek of ge­ï­ni­si­eer het nie.”

Die Me­de­din­ging s kom­mis­sie het in Ju­nie toe­ge­slaan op 13 per­se­le van die land se groot­ste voer­kra­le, on­der meer Ka­ran Beef, S­par­ta Foods, C­hal­mar Beef, Beef­mas­ter Kim­ber­ley, Mor­gan Beef, Beef­cor en Fabvleis, wat han­del dryf as Mid­land Me­at.

Die klag­te wat on­der­soek word, is dat die vleis­ver­skaf­fers na be­we­ring oor­een­ge­kom of saam­ge­span het om pry­se en han­dels­toe­stan­de vas te stel wan­neer speen­kal­wers van boe­re ge­koop word. Ver­der word be­weer dat die on­der­ne­mings oor­een­ge­kom het om die pry­se vas te stel waar­teen hul­le vleis aan die groo­ten klein­han­del ver­koop. In sy ver­kla­ring sê die RPO een van die be­lang­rik­ste pi­la­re van die rooi­vleis­be­dryf is vry­e­mark­be­gin­sels.

In­ge­lig­tes in die vleis­be­dryf be­vraag­te­ken vol­gens Land­bou.com die tyds­be­re­ke­ning van die on­der­soek want die klag is al 18 maan­de ge­le­de in­ge­dien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.