Leeus nou in Hur­ri­ca­nes se hoek

Ki­wi’s sal hul lot be­paal

Beeld - - Geklassifiseerd - Chris­to Bu­ch­ner

Die Leeus sal ver­skoon kan word as hul­le hier­die na­week een oog het op wat daar in Wel­ling­ton in Nieu-See­land ge­beur in die Su­per­wed­stryd tus­sen die Hur­ri­ca­nes en die Cru­sa­ders.

Jo­han Ac­ker­mann en sy span sal Sa­ter­dag­og­gend groot Hur­ri­ca­nes-on­der­steu­ners wees, want slaag die span van Wel­ling­ton daar­in om die Cru­sa­ders te klop, is die deur wa­wyd oop vir die Leeus om nog eer­ste op die Su­per-pun­te­leer te ein­dig.

Hul­le sal dan net la­ter Sa­ter­dag daar­in moet slaag om die Haaie in Dur­ban te klop om bo te ein­dig en dus ’n tuis­eind­stryd op El­lis­park te kry in­dien hul­le daar uit­kom.

Die Cru­sa­ders het 63 liga­pun­te teen­oor die 61 van die Leeus.

Dit kan ook ’n ge­val wees dat die Cru­sa­ders, die e­nig­ste on­oor­won­ne span in die reeks, dit dalk nie so mak­lik kan vind om weer aan te ska­kel na­dat van hul voor­ste spe­lers be­trok­ke was by die uit­mer­ge­len­de reeks tus­sen die All Blacks en die B­rit­se en Ier­se Leeus nie.

Ac­ker­mann be­sef eg­ter ook dat sy spe­lers hul fo­kus moet be­hou en nie té veel aan­dag moet gee aan wat in Wel­ling­ton ge­beur nie, want hul ver­naam- ste taak is bloot net om se­ker te maak hul­le wen hul wed­stryd in Dur­ban teen die Haaie.

Die S­pring­bok-sen­ter Ro­han Jan­se van Rens­burg, wat die af­ge­lo­pe Son­dag sy te­rug­keer vir die Goue Leeus in die half­eind­stryd van Su­perS­port se Uit­daag­reeks teen G­rie­kwas ge­maak het, het in die twee­de helf­te toe hy speel­kans ge­kry het, hom­self heel goed van sy taak ge­kwyt.

Dit kan wees dat Ac­ker­mann hom ge­wis vir die be­soek aan Dur­ban sal oor­weeg.

Jan­se van Rens­burg kan dalk ook daar­op die plaas­ver­va-n­ger­bank be­gin.

Ver­der sal daar nie som­mer ge­tor­ring word aan die groep wat die Sun­wol­ves t­wee we­ke ge­le­de ’n groot loe­sing ge­gee het nie.

Fo­to: GETTY IMAGES

Die Hur­ri­ca­nes se Toa Hala­fi­hi pro­beer gis­ter by ’n oe­fen­ses­sie ’n bal deur ’n mo­tor­band gooi, ter voor­be­rei­ding van die span se be­lang­ri­ke Su­per­wed­stryd Sa­ter­dag teen die Cru­sa­ders.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.