Da­mi­an en EW stel vi­sier op Bok­sen­ters

Beeld - - Geklassifiseerd - S­te­phen Nell

Jan Ser­fon­tein en Jes­se K­riel, die Bul­le se S­pring­bok-sen­ter­paar, sal met tei­kens op hul rûe op­draf in Sa­ter­dag se Su­per­rug­by-wed­stryd teen die S­tor­mers op Lof­tus Vers­feld.

Da­mi­an de Al­len­de en EW Vil­joen gaan na ver­wag­ting die jag­ters uit die sui­de wees wat die P­re­to­ri­a­ners in die mid­del­veld die stryd om die voor­deel­lyn gaan aan­sê.

“Vir my en Da­mi­an sal dit ’n goeie toets wees. Ons wil ons fi­siek laat geld deur oor die voor­deel­lyn te kom en die span be­sit op die voor­voet te gee,” sê Vil­joen.

Ter­wyl Vil­joen er­ken daar is ’n tik­kie ek­stra mo­ti­ve­ring om­dat hy teen die Bok-sen­ter­paar gaan speel, voeg hy by dat hy die­self­de be­na­de­ring as vir el­ke an­der wed­stryd gaan volg.

“Ek kyk waar ek van die vo­ri­ge na­week af kan ver­be­ter en be­stu­deer die teen­stan­der se swak­pun­te,” sê Vil­joen.

On­danks die feit dat die voor­ma­li­ge kap­tein en S­pring­bok­sen­ter Ju­an de Jongh weer fiks is, gaan Rob­bie F­leck, die S­tor­mers se brei­er, waar­skyn­lik by Vil­joen in die nr.13-trui hou.

Vir Vil­joen bied dit ’n puik ge­leent­heid om sy slag teen K­riel te wys, ter­wyl De Al­len­de ook die Bok-af­rig­ter, Al­lis­ter Coet­zee, aan sy deug­de moet her­in­ner.

De Al­len­de het nog ’n lang pad om te stap voor­dat hy weer die spe­ler van 2015 is, maar Vil- joen be­skou dit as ’n “eer” om langs hom te speel. “Da­mi­an het al be­wys dat hy op el­ke vlak goed kan speel. Hy’s een van die bes­te sen­ters ter wê­reld. Hy laat my ge­mak­lik en vei­lig voel,” sê Vil­joen.

Be­ne­wens sy sen­ter­paar wag daar ook kop­krap op F­leck wan­neer dit by die sa­me­stel­ling van sy los­voor­spe­ler-kom­bi­na­sie kom. Sik­hum­bu­zo Nots­he is weer fiks en dit sal in­te­res­sant wees om te sien waar hy in die prent­jie in­pas. F­leck het ná Sa- ter­dag­aand se se­ge van 52-15 oor die Sun­wol­ves ge­skimp dat hy die SA o.20-ster Ju­ar­no Au­gus­tus dalk in die be­gin­span kan be­hou. Au­gus­tus kon hom­self nie as bal­dra­er laat geld nie.

Die Bok­ke Frans Mal­her­be en E­ben Et­ze­beth be­hoort reg te wees na­dat hul­le die wed­stryd teen die Sun­wol­ves met griep mis­ge­loop het. Et­li­ke neu­se het gis­ter in die kamp ge­loop, maar die S­tor­mers sal van­dag da­rem in erns met hul voor­be­rei­ding kan be­gin.

Fo­to: GALLO IMAGES

EW Vil­joen duik oor vir ’n drie in die S­tor­mers se se­ge oor die Sun­wol­ves. Hy kom Sa­ter­dag waar­skyn­lik teen die Bok­bui­te­sen­ter Jes­se K­riel te staan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.