Leeu­wel­pies se tjank af­ge­trap

Beeld - - Geklassifiseerd - Mar­nus Kok

Re­pu­ta­sies tel niks nie.

Dit het G­rens dui­de­lik ge­maak toe hy die Goue Leeus gis­ter in Bloem­fon­tein op die eer­ste dag van die Grant K­ho­mo-rug­by­week vir o.16-span­ne om­ge­dop het.

Die G­rens het vier drieë in sy se­ge van 24-13 ge­druk en die span van Jo­han­nes­burg ver­al met sy vaart uit­oor­lê.

Die lin­ker­vleu­el, Mat­thew Ka­rel­se, het by meer as een ge­leent­heid on­der die Jo­han- nes­bur­gers uit­ge­seil.

Die G­rens kon ver­le­de jaar net een van sy drie wed­stry­de wen.

In die hoof­wed­stryd het die Vry­staat, met ’n drie­kuns aan drieë deur sy bin­ne­sen­ter Ian S­mall-S­mith, Zim­bab­we met 71-19 af­ge­ran­sel.

S­mall-S­mith, broer van die C­hee­tahs se sen­ter Wil­li­amS­mall S­mith, is as Spe­ler van die Wed­stryd aan­ge­wys.

Die Vry­sta­ters het al­te­saam 11 drieë ge­druk.

Die agt­ste­man, Ti­aan Jon- ker, het die Zim­bab­wi­ërs pro­ble­me be­sorg el­ke keer wat hy aan die bal ge­vat het. Hy het ook t­wee keer gaan druk.

Die Vry­staat kom mô­re te staan teen die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie, wat ver­le­de jaar se nie-amp­te­li­ke kam­pi­oen, die Blou Bul­le, gis­ter met 36-17 ge­klop het.

Met die P­re­to­ri­a­ners wat al die lak­werk moes doen, was die uit­slag voor­spel­baar. Die Ka­pe­naars het be­sit oor­heers, so­dat die jong Bul­le­tjies moes lak vir al wat hul werd was.

Die Ka­pe­naars het rus­tyd met 26-14 voor­ge­loop. Hul flank Pie­rich Sie­bert het met sy storm­lo­pies be­ïn­druk.

Drie drieë elk deur die G­rif­fons se agt­ste­man, Ke­ke Mo­ra­be, en vleu­el Mp­ho Nt­sut­le het die G­rif­fons ge­help om die G­rens Plat­te­land met 69-13 te klop.

Fo­to: MLUNGISI LOUW

Die Vry­staat se skrum­ska­kel Keeno Or­lein duik oor vir een van sy t­wee drieë.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.