Pron­ken­de Gat­land wik en weeg oor 2021­toer

Beeld - - Geklassifiseerd - – Reu­ters

War­ren Gat­land sê hy sal dit oor­weeg om die B­rit­se en Ier­se Leeus ’n der­de keer af te rig in 2021, maar sal dan meer tyd wil hê saam met die groep voor die reeks teen die S­pring­bok­ke.

Die 53-ja­ri­ge Gat­land pronk ná die reeks teen die All Blacks, wat Sa­ter­dag in Auck­land ge­lyk­op ge­ein­dig het, met ’n ver­to­nings­lys wat met die le­gen­da­rie­se Ian M­cGee­chan s’n ver­ge­lyk kan word.

On­der Gatl­land het die Leeus in 2013 die Wal­la­bies ver­slaan en nou die lou­e­re met 1-elk teen die All Blacks in Nieu-See­land ge­deel..

Gat­land se Leeus het sterk te­rug­ge­veg in die reeks na­dat die All Blacks die eer­ste toets in Auck­land oor­tui­gend met 30-15 ge- wen het.

Die Leeus het in die twee­de toets in Wel­ling­ton met 24-21 ge­se­ë­vier en Sa­ter­dag se ril­ler­stryd in Auck­land was met 15-elk ge­lyk­op.

Gat­land het be­ves­tig hy sal Wal­lis tot 2019 se Wê­reld­be­ker-toer­nooi brei. En die Leeus? “Daar is dalk ’n ge­leent­heid wat ek sal oor­weeg. Die toer na SuidA­fri­ka is ef­fens mak­li­ker met die kor­ter vlug soon­toe, en­so­voorts.”

Hy sê ’n week tuis en ’n week in Suid-A­fri­ka voor­dat die eer­ste wed­stryd ge­speel word, sal bil­lik wees vir voor­be­rei­ding.

“Dit sal ook wys wees om nie in die week voor die toet­se wed­stry­de te speel nie, so­dat jy be­hoor­lik kan voor­be­rei.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.