Koe­baai, Ker­ber. Hal­lo, nu­we nr. 1

Beeld - - Geklassifiseerd - S­port­re­dak­sie Reu­ters en

Si­mo­na Ha­lep of Ka­ro­li­na P­lis­ko­va sal Maan­dag vrou­e­ten­nis se nu­we nom­me­reen­spe­ler word. En as dit jou luid­keels laat ‘Wie?!’ vra, is jy nie al­leen nie.

Dié stand van sa­ke kan ge­lê word voor die deur van die hui­di­ge nr. 1, An­ge­li­que Ker­ber, wat gis­ter in die vier­de ron­de van Wim­ble­don reeds huis toe ge­stuur is deur Gar­bi­ne Mu­gu­ru­za.

Mu­gu­ru­za het die Wim­ble­don-eind­stryd van 2015 ge­haal en in 2016 die Fran­se Ope ge­wen, so sy is geen hier­jy nie. Maar van Ker­ber – ’n twee­ma­li­ge Grand Slam-kam­pi­oen en reeds se­dert Sep­tem­ber die wê­reld se voor­ste spe­ler – is aan­sien­lik meer ver­wag.

He­laas het sy gis­ter ná goeie spel in die eer­ste stel teen Mu­gu­ru­za stoom ver­loor en is sy met 4-6, 6-4, 6-4 ver­slaan. Dis i­ro­nies dat sy die af­tog ge­blaas het ná haar bes­te ten­nis van die toer­nooi, maar dit spreek ook boek­de­le van die ge­hal­te van die ten­nis wat Mu­gu­ru­za op­ge­dis het.

Die jong S­pan­jaard het ’n on­ge­hoor­de 50 on­ge­dwon­ge fou­te ge­maak in die 30 pot­te van die wed­stryd, maar daar het ook 54 wen­houe van haar ra­ket ge­vloei. Sy was in ’n veg­lus­ti­ge bui en is ryk­lik be­loon met ’n plek in die kwart­eind­ron­de.

Ker­ber se ver­trek skep nou die bi­sar­re si­tu­a­sie dat ’n spe­ler wat nog nie ’n Grand Slam-ti­tel kon wen nie, Maan­dag die wê­reld se voor­ste spe­ler sal word.

Die Roe­meen Ha­lep het ’n gul­de ge­leent­heid om die troon te be­styg, na­dat sy die te­rug­keer van die Be­lo-Rus Vic­to­ria A­za­ren­ka met 7-6 (7/3), 6-2 kort­ge­knip het.

Sy sal nou in die kwart­eind­ron­de krag­te meet met Jo Kon­ta (die eer­ste B­rit­se vrou in 33 jaar wat die laas­te 8 haal) en as sy daar se­ë­vier, sal sy Ker­ber ont­troon.

Ver­loor Ha­lep eg­ter daar­die stryd, sal die nr. 1-po­si­sie in­ge­neem word deur P­lis­ko­va, wat reeds Don­der­dag in die twee­de ron­de uit­ge­ska­kel is.

Bi­s­ar? In­der­daad. Die deur­me­kaar stand van vroue-ten­nis is deels te wy­te aan die swan­ger Se­re­na Wil­li­ams se af­we­sig­heid by Wim­ble­don.

P­lis­ko­va was’ n toer­nooi-guns­te­lin­ge n die der­de ge­keur­de.

Ker­ber was ver­le­de jaar die naas­wen­ner by Wim­ble­don en die wen­ner van die Aus­tra­lie­se Ope én die A­me­ri­kaan­se Ope.

Mu­gu­ru­za sal in die kwart­eind­ron­de te staan kom teen die Rus S­vet­la­na Ku­z­net­so­va.

Ku­z­net­so­va, die se­wen­de ge­keur­de, het vir die eer­ste keer in tien jaar die kwart­eind­ron­de ge­haal toe sy Ag­niesz­ka Rad­wan­ska met 6-2, 6-4 ge­klop het.

Je­le­na Osta­pen­ko, die Fran­se Ope-kam­pi­oen, se puik jaar duur voort. Dié 20-ja­ri­ge Let­lan­der moes hard swoeg om E­li­na S­vi­to­li­na, die vier­de ge­keur­de, met 6-3, 7-6(6) te klop.

Ca­ro­li­ne Wo­z­ni­acki, die vyf­de ge­keur­de, is óók gis­ter uit­ge­boen­der. Die A­me­ri­ka­ner Co­co Van­de­weg­he was baas met 7-6(4), 6-4. –

Fo­to: REU­TERS

Olé! Gar­bi­ne Mu­gu­ru­za van S­pan­je sorg gis­ter vir ’n op­skud­ding deur An­ge­li­que Ker­ber in die vier­de ron­de van Wim­ble­don te ver­slaan. Sy kom teen Si­mo­na Ha­lep (in­las) te staan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.