Ber­g­ri­vier­roe­te ver­kort weens droog­te

Beeld - - Geklassifiseerd - V­re­den­burg Sal­dan­ha ATLANTIESE OSEAAN Veld­drif Lan­ge­baan 57km 75km Pi­ket­berg Moor­rees­burg 31 km Rie­beekKas­teel Mal­mes­bu­ry 48km Vo­ël­vlei­dam Wel­ling­ton – S­port­re­dak­sie

Die or­ga­ni­seer­ders van die Ber­g­ri­vier-ka­no­vaart moes nood­ge­dwon­ge wy­si­gings aan dié vier­daag­se ma­ra­thon se roe­te aan­bring na­dat re­ën wat oor die na­week in die WesKaap uit­ge­sak het, die lae ri­vier­vlak nie ge­noeg van ’n hup­stoot ge­gee het nie.

Die eer­ste skof be­gin mô­re in die Paarl, maar sal met 14 km ver­kort word en by die Her­mon­brug ein­dig. Die hoof­re­de is dat hi­a­sin­te die stuk van die ri­vier tus­sen Her­mon en Sonkwas­drif, die ge­bruik­li­ke eind­punt, so toe­ge­groei het dat dit nie be­gaan­baar is nie.

Vol­gens An­tho­ny Pen­de­ris, be­stuur­der van die ma­ra­thon, is vloed­wa­ter no­dig om die ri­vier weer oop te spoel, maar het dít nie die af­ge­lo­pe drie jaar ge­beur nie.

Die hi­a­sin­te is ook pro­ble­ma­ties aan die be­gin van die twee­de skof en daar­om sal dit nou by die Gou­da­brug be­gin en by B­rid­ge­town, by die Mis­ver­stand­dam, ein­dig. Dié skof is nou 15 km kor­ter.

Vry­dag se der­de skof van B­rid­ge­town tot Sout­kloof oor 75 km en die vier­de skof van Sout­kloof tot Veld­drif oor 57 km sal on­ver­an­derd wees.

Vol­gens Pen­de­ris sal roei­ers, ten spy­te van die kor­ter af­stan­de, nie die skof­te vin­ni­ger as ge­woon­lik af­lê nie van­weë die lae ri­vier­vlak. “Ons moes ook die af­stan­de kor­ter maak om te ver­se­ker dat die ag­ter­ste roei­ers nie teen don­ker nog op die ri­vier is nie,” sê Pen­de­ris.

Die eer­ste oor­nag­punt is na B­rid­ge­town ver­skuif om voor­sie­ning te maak vir dié laat wy­si­gings en die twee­de skof sal ’n uur la­ter weg­spring om voor­sie­ning te maak vir die nu­we reis­re­ë­lings.

Die in­ter­na­si­o­na­le deel­ne­mers, A­drián Boros (Hon­ga­rye), die T­sjeg Pe­tr Mo­j­zi­sek en die B­rit Keith Mou­le, het die af­ge­lo­pe na­week op die deel van die ri­vier waar die der­de en vier­de skof be­slis gaan word, ge­oe­fen om ge­woond te raak aan die lae ri­vier­vlak.

Ge­ge­we die af­we­sig­heid van Hank M­cG­re­gor, die Ko­ning van die Berg, en Jas­per Mocké sal dié bui­te­lan­ders nou on­der die guns­te­lin­ge tel om ge­skie­de­nis te maak. Geen bui­te­land­se roei­er kon nog dié wed­vaart wen nie.

Die eer­ste skof spring mô­re om 09:00 by die Mark­straat­brug weg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.