C­hee­tahs, Kings dalk pi­o­niers

Beeld - - Geklassifiseerd -

Dit gaan aan die een kant hart­seer wees om van die Sout­hern Kings en C­hee­tahs af­skeid te neem in Su­per­rug­by, maar aan die an­der kant maak hul toe­koms­ti­ge deel­na­me aan ’n toer­nooi in die Noor­de­li­ke Half­rond my op­ge­won­de.

Wie weet – dalk is dít die voor­lo­per vir Suid-A­fri­ka om sy ban­de met San­zaar te breek. En dalk word die Kings en die C­hee­tahs die ryk­ste u­nies in Suid-A­fri­ka.

Dís die op­ti­mis­tie­se be­skou­ing.

Aan die an­der kant kan dit op baie oor­se­se rei­se vir dié span­ne uit­loop en word ’n si­tu­a­sie ge­skep waar dié spe­lers se kon­trak­te nie oor die­self­de tyd­perk as die res van die land s’ n st­re knie. Die wis­sel­wer­king met die be­lan­ge vanS­pring­bok rug­by in die Rug­by­kam-pi­oen­skap is ook nog iets wat uit­ge­pluis- moet word.

Nóg ’n vraag is hoe dit die Vry­staat-C­hee­tahs se deel­na­me in die Cur­rie­be-ker­reeks (CB) sal raak. Die pu­bliek in Bloem­fon­tein vul nie hul sta­di­on vir Su­per­rug­by-wed­stry­de nie, maar wel vir ’n CB­eind­stryd. Hoe wys is dit dan vir die C­hee­tahs om in ’n reeks te speel wat met die Cur­rie­be­ker bots?

Al hier­die vrae moet nog be­ant­woord word.

In­tus­sen moet ons dank­baar wees die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie (Sa­ru) was pro­ak­tief deur vir die Kings en C­hee­tahs ’n heen­ko­me te vind.

Ons sien toe­ne­mend dat die Kings be­sig is om aan hul man­daat te vol­doen en dit sou ’n ys­li­ke te­rug­slag vir SuidA­fri­kaan­se rug­by ge­wees het as hul­le son­der ’n heen­ko­me weg­val.

On­der­steu­ners van die Bul­le is se­ker brie­send oor Sa­ter­dag se ne­der­laag teen die Kings, maar uit ’n neu­tra­le oog­punt is die Oos-Ka­pe­naars be­sig om ’n spro­kies­ver­haal te skryf. Wie sou kon dink dat hul­le van­jaar be­ter as die Bul­le en C­hee­tahs sou vaar?

Dis ’n ys­li­ke pres­ta­sie deur De­on Da­vids, die af­rig­ter, en sy span. Sy naam moet se­ker­lik reeds op die tro­fee van Suid-A­fri­ka se Af­rig­ter van die Jaar ge­skryf staan.

Suid-A­fri­ka se deel­na­me aan ’n reeks in die Noor­de­li­ke Half­rond kan ook ’n ne­ga­tie­we uit­wer­king op die spel in Nieu-See­land en Aus­tra­lië hê.

Die Aus­sies en Ki­wi’s kan hul­le selfs in ’n si­tu­a­sie be­vind waar hul­le by­na al hul rug­by be­ne­de toets­vlak teen me­kaar speel. Ge­ge­we die hui­di­ge ge­hal­te van Aus­tra­lie­se rug­by, sal die Nieu-See­lan­ders ver­al min baat daar­by vind.

Die feit van die saak is dat die Sui­de­li­ke Half­rond se rug­by­ba­se selfs met die be­sluit om die Su­per­reeks te ver­klein, swak rug­by­be­slui­te ge- neem het.

As dit oor ver­dien­ste ge­gaan het, sou die Sun­wol­ves en Re­bels on­der die val­byl be­land het. Sa­ke­be­lan­ge by die Re­bels kan die For­ce in die slag laat bly in Aus­tra­lië, ter­wyl die Sun­wol­ves kuns­ma­tig aan die le­we ge­hou word.

Die pro­ses om dié reeks reg te dok­ter, moet by goeie rug­by­be­slui­te be­gin. As be­ter span­ne in die slag bly, sal die reeks ag­ter­uit boer.

Selfs al bring die ver­an­de­ring ’n bie­tjie on­se­ker­heid, kan ons da­rem sê daar wag op­win­den­de tye op die Sout­hern Kings en die C­hee­tahs. Dalk lê hul deel­na­me in Eu­ro­pa die grond­slag vir ’n baie guns­ti­ge rug­by­lan-d­skap­vir Suid-A­fri­ka.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.