Ke­vin val wéér oor vier­de hek­kie

Beeld - - Geklassifiseerd - Chris­to Bu­ch­ner

Die kwart­eind­ron­de by Wim­ble­don is Ke­vin An­der­son nou maar een­maal nie be­sko­re nie.

Dié Suid-A­fri­ka­ner het gis­ter weer oor die hek­kie van die vier­de ron­de ge­strui­kel toe die 24ste ge­keur­de A­me­ri­ka­ner, Sam Qu­er­rey, hom in vyf stel­le met 5-7, 7-6 (7/5), 6-3, 6-7 (13/11), 6-3 uit­ge­ska­kel het.

In ’n wed­stryd wat drie uur en se­we mi­nu­te ge­duur het, het An­der­son heel­wat gul­de kan­se ge­had om die krag­me­ting in sy guns te laat ein­dig.

Dit het eg­ter as ’n Blou Maan­dag vir hom ge­ëin­dig.

An­der­son het goed be­gin en uit­ste­kend af­ge­slaan. Hy het sy af­slaan veel mak­li­ker as die A­me­ri­ka­ner be­hou en in die 12de pot van die o­pe­ning­stel deur­ge­breek toe Qu­er­rey die bal oor die ag­ter­baan laat seil het.

Die eer­ste stel het net 31 mi­nu­te ge­duur.

In die twee­de stel het An­der­son weer heel­wat ge­leent­he­de ge­had om dit ook in sy guns te be­klink. Dit was waar­skyn­lik die keer­punt toe hy vier kan­se om deur te breek in drie van Qu­er­rey se af­slaan­pot­te nie ge­bruik het nie.

Tot die A­me­ri­ka­ner se kre­diet het hy al vier hier­die breek­pun­te teen hom met kis­houe af­ge­weer.

In die val­by­l­pot het hy sterk ge­staan en dit met 7-5 be­klink.

Qu­er­rey het die eer­ste keer in die ses­de pot van die der­de stel op An­der­son se af­slaan­pot deur­ge­breek Die seil­band was sy vriend, met die bal wat daar­van oor­ge­wip en An­der­son on­kant be­trap het.

Skie­lik het die mo­men­tum in die Yank se guns ge­swaai, maar in die vier­de stel het An­der­son vas­ge­byt en uit­ein­de­lik die val­by­l­pot af­ge­dwing.

Hier was dit ’n ver­be­te stryd, met An­der­son wat eers ’n ge­rief­li­ke voor­sprong van 5-1 op­ge­bou het, net om te moes toe­kyk hoe Qu­er­rey die vol­gen­de vyf pun­te wen om sy eer­ste wed­stryd­punt te ver­se­ker.

An­der­son wou nie bes gee nie en het uit­ein­de­lik vier wed­stryd­pun­te af­ge­weer in daar­die val­by­l­pot, voor­dat hy dit op dra­ma­tie­se wy­se met 13/11 be­klink het om die be­slis­sen­de stel af te dwing.

Die Suid-A­fri­ka­ner se fut was eg­ter uit en Qu­er­rey kon in die ses­de pot deur­breek son­der dat An­der­son een van sy pun­te kon wen.

Daar­na was dit net ’n ge­val van hoe lank voor die dood­skoot toe­ge­dien sou word en Qu­er­rey het dit uit­ein­de­lik met sy ses­de wed­stryd­punt ge­doen.

Ke­vin An­der­son

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.