Neu­sie ver­by, Ra­fa

Mul­ler skok Na­dal

Beeld - - Sport - Ma­ri­zan­ne Kok

Dit het by­na vyf ure ge­neem, maar die S­pan­jaard Ra­fa­el Na­dal se aan­slag op die Wim­ble­don-ten­nis­ti­tel is gis­ter­aand in die vier­de ron­de be­ëin­dig.

Die vier­de ge­keur­de Na­dal het hom vas­ge­loop in Lux­em­burg se 16de ge­keur­de Gil­les Mul­ler – ’n spe­ler wat hom net een keer te­vo­re kon klop, en dít in 2005.

Mul­ler was baas met 6-3, 6-4, 3-6, 4-6, 15-13. Die wed­stryd het vier uur en 47 mi­nu­te ge­duur.

Na­dal moes vier wed­stryd­pun­te in die dra­ma­tie­se laas­te stel af­weer, maar teen die ein­de was dit dui­de­lik dat hy aan- sien­lik min­der pe­trol in die tenk ge­had het as sy teen­stan­der.

Die S­pan­jaard was een van die guns­te­lin­ge vir die Wim­ble­don-kroon na­dat hy die eind­stryd in al­bei die jaar se eer­ste Grand Slam-toer­nooie ge­haal het. Op gras het hy eg­ter die af­ge­lo­pe agt dae nie so goed ge­lyk soos op klei en har­de ba­ne nie. ) Vir Ro­ger Fe­de­rer, die man wat Na­dal in Ja­nu­a­rie in die Aus­tra­lie­se Ope-eind­stryd ver­slaan het, was dit ’n véél be­ter dag op kan­toor.

Die dae waar­in G­ri­gor Di­mi­trov met die by­naam Ba­by Fed op­ge­saal was, oor die oor­een­koms­te tus­sen sy speel­styl en Fe­de­rer s’n, is lank­al ver­by. Maar toe hy gis­ter teen die S­wit­ser­se mees­ter te staan kom, kon ’n mens nie an­ders as om daar­aan te­rug te dink nie. Fe­de­rer het hom so mak­lik ge­klop soos jy die fop­speen van ’n ba­ba af­vat.

Fe­de­rer, die der­de ge­keur­de, het Di­mi­trov met 6-4, 6-2, 6-4 stil­ge­speel het. Die duo was net 97 mi­nu­te op die baan en Fe­de­rer het die jon­ger man met 24 wen­houe ge­pe­per.

Op ’n dag van skou­spel wat drie le­de van die Groot Vier in ak­sie ge­sien het, is voor­spel dat Fe­de­rer die taai­ste twee­stryd van die trio sou hê. Di­mi­trov het im­mers drie jaar ge­le­de, as 23-ja­ri­ge, die half­eind­ron­de van Wim­ble­don ge­haal en van­jaar t­wee ti­tels ge­wen. Daar­die draai­boek het eg­ter nie by Fe­de­rer uit­ge­kom nie.

Ook vir An­dy Mur­ray was dit ’n re­la­tief mak­li­ke dag op kan­toor. Mur­ray, die ver­de­di­gen­de kam­pi­oen en eer­ste ge­keur­de, het die Frans­man Be­noit Pai­re met 7-6 (7/1), 6-4, 6-4 stil ge­speel.

No­vak D­jo­ko­vic, die twee­de ge­keur­de, moes die Na­dal-ma­ra­thon van­uit die kleed­ka­mer dop­hou. Hy en A­dri­an Man­na­ri­no sou ná Na­dal en Mul­ler op die hoof­baan speel, maar hul wed­stryd moes tot van­dag uit­ge­stel word.

) Die Ka­na­dees Mi­los Ra­o­nic (ses­de ge­keur) het ook vyf stel­le no­dig ge­had om die jong Duit­ser A­lex­an­der Z­ver­ev met 4-6, 7-5, 4-6, 7-5, 6-4 te klop.

Fo­to: AP

Die Lux­em­bur­ger Gil­les Mul­ler het min súl­ke e­mo­sie ge­wys in die ma­ra­thon­stryd teen Na­dal, wat vier uur en 47 mi­nu­te ge­duur het.

Fo­to: REU­TERS

Ra­fa­el Na­dal kon nie sy te­leur­stel­ling weg­steek nie na­dat sy Wim­ble­don­veld­tog gis­ter­aand in die vier­de ron­de ge­ëin­dig het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.