Kyk net wie blaas in Bok­toets teen Poe­mas

Beeld - - Sport - – S­port­re­dak­sie

Ro­main Poi­te, om­stre­de Fran­se skeids­reg­ter, is met die fluit­jie toe­ver­trou vir aan­staan­de maand­se Rug­by kam­pi­oen­skap stoets tus­sen die S­pring­bok­ke en Ar­gen­ti­nië in Port E­li­za­beth.

Poi­te het hom Sa­ter­dag die gram­skap van Nieu-See­lan­ders op die hals ge­haal toe hy in die dood­snik­ke van die der­de en be­slis­sen­de toets teen die B­rit­se en Ier­se Leeus ’n straf­skop aan die All Blacks bin­ne tref­af­stand van die Leeus se pa­le toe­ge­ken het, maar ná ’n kyk­weer en kon­fe- ren­sie met sy wed­stryd-be­amp­tes dié be­slis­sing in ’n skrum ver­an­der het.

Die All Blacks sou met ’n straf­doel in al­le waar­skyn­lik­heid die toets én die reeks ge­wen het.

Die wed­stryd het eg­ter met 1515 ge­lyk­op ge­speel en die reeks het 1-1 ge­ëin­dig.

S­te­ve Han­sen, die All Black­af­rig­ter, het Son­dag ge­sê Poi­te het fou­teer en dat hy waar­skyn­lik nie goed voel oor dié be­slis­sing nie.

Dít is nie die eer­ste keer dat Poi­te se ver­nuf as af­rig­ter be­vraag­te­ken word nie.

Hy was in 2013 die bla­ser wat Bis­marck du P­les­sis, toe die Bok-ha­ker, ver­keer­de­lik ’n geel­kaart vir ’n plet­ter­vat op die des­tyd­se All Black-los­ska­kel Dan Carter ge­gee het.

Du P­les­sis is vroeg in die twee­de helf­te van dié toets op E­den Park wéér met ’n geel­kaart ge­straf, wat mee­ge­bring het dat hy vir die res van die wed­stryd die trek­pas ge­kry het. Die All Blacks het uit­ein­de­lik met 29-15 ge­wen.

Wê­reld­rug­by het des­tyds, ná klag­tes deur die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie, er­ken Poi­te het fou­teer.

Poi­te is een van drie Frans­man­ne wat Bok­toet­se in van­jaar se reeks sal han­teer.

Pas­cal Ga­ü­zè­re is in be­heer van die Bok­ke se twee­de toets teen die Poe­mas in Sal­ta, Ar­gen­ti­nië, ter­wyl Jérô­me Gar­cès die fluit­jie sal dra wan­neer SuidA­fri­ka en die All Blacks op Nu- wel­and swaar­de kruis.

Die an­der bla­sers wat in Bok­toet­se in ak­sie sal wees, is die Ki­wi G­len Jack­son (teen die Wal­la­bies in Perth), die Wal­lie­ser Ni­gel O­wens (teen die All Blacks in North Har­bour, Auck­land) en Ben O’Keef­fe (teen die Wal­la­bies in Bloem­fon­tein).

O’Keef­fe, ’n Nieu-See­lan­der, was on­langs die skeids­reg­ter toe die Bok­ke die reeks teen Frank­ryk op Kings­park met ’n se­ge van 37-15 be­klink het.

Fo­to: PHOTOSPORT | ANDREW COMAGA

Ro­main Poi­te toe hy in 2013 die Bok­ha­ker Bis­marck du P­les­sis die trek­pas in ’n toets teen die All Blacks op E­den Park ge­gee het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.