T­wee ta­me­le­tjies vir brei­er­lo­se Pro­tea­span

Beeld - - Sport - Jo­hann de Ja­ger

Die Pro­te­as sit te mid­de van ver­de­re ont­wrig­ting met t­wee ta­me­le­tjies voor die twee­de krie­ket­toets teen En­ge­land.

Die eer­ste is wie om in te span in die plek van Ka­gi­so Ra­ba­da. Die snel­bou­ler is weens ge­krui­de taal in die pas af­ge­lo­pe eer­ste toets op Lord’s ge­skors.

Dan moet daar ook plek ge­maak word vir die kap­tein, Faf du P­les­sis, wat te­rug­ge­keer het na En­ge­land na­dat hy sy vrou met die ge­boor­te van hul eer­ste­ling by­ge­staan het.

Die af­rig­ter, Rus­sell Do­min­go, sal boon­op nie by dié be­slui­te be­trek kan word nie. Sy ma, San­dra, is Son­dag­aand laat oor­le­de en hy het reeds na SuidA­fri­ka te­rug­ge­keer.

Vol­gens Du P­les­sis kan daar in die af­we­sig­heid van ’n top­bou­ler soos Ra­ba­da dalk ’n ar­se­naal van vier snel­bou­lers ge­kies word vir die twee­de toets, wat Vry­dag op T­rent B­rid­ge be­gin.

“Dis ’n keu­se en sal mee­bring dat ’n kol­wer moet uit­sit. Dis een van die din­ge waar­oor ons moet praat voor die vol­gen­de toets, maar dis te vroeg om nou al daar­oor te praat,” sê Du P­les­sis.

Chris Mor­ris, Du­an­ne O­li­vier of An­di­le P­hehluk­wa­yo kan saam met Mor­né Mor­kel en Ver­non P­hi­lan­der oor­weeg word. Mor­ris se ver­moë as kol­wer kan hom ’n by­ko­men­de reg­mer­kie gee.

T­rent B­rid­ge, waar die En­gel­se ses van hul laas­te se­we toet­se ge­wen het, was in die ver­le­de naat­bou­lers goed­ge­sind.

Die En­gel­se aan­vangs­bou­ler S­tu­art Bro­ad het met 8/15 in Aus­tra­lië se eer­ste beurt in die vo­ri­ge toets in 2015 ge­skit­ter.

T­rent B­rid­ge het in die warm en droë so­mer wat in B­rit­tan­je be­leef word, lo­pie fees­te in on­lang­se graaf­skap wed­stry­de op­ge­le­wer. Dié wat weet, sê die eer­ste dag bie diets vir die bou­lers, maar as die son skyn, sal jy moet werk vir jou paal­tjies.

Die an­der kwes­sie is of daar vol­hard moet word met die er­va­re JP Du­miny, wat kwaai suk­kel met die kolf.

Du P­les­sis sê Du­miny stel die span al­tyd bo hom­self en dat hy be­grip sal hê as daar na ie­mand an­ders ge­kyk moet word. Die ver­wag­ting is dat Du P­les­sis hom sal ver­vang.

Du P­les­sis sê fla­ters wat in die eer­ste toets be­gaan is, is on­ver­skoon­baar.

“Daar was baie blap­se en baie ba­sie­se fou­te wat ons as ’n span nie nor­maal­weg be­gaan nie. Teen ’n span soos En­ge­land kos dit jou.”

Mor­kel het Ben S­to­kes (56) op 44 in die eer­ste beurt ge­boul, maar hy het oor­leef om­dat dit ’n fout­bal was. Dit was die 13de keer (’n re­kord) dat Mor­kel ’n paal­tjie met ’n fout­bal ge­neem het.

“Dit (fout­bal­le) is ’n ruk lank al ’n kwes­sie en ons let by oe­fe­nin­ge daar­op. Ons moet dalk meer ferm daar­oor wees.”

Die veld­werk sal ook aan­ge­spreek moet word ná ver­brou­de vang­sko­te die span baie duur op Lord’s te staan ge­kom het.

’n Ge­re­spek­teer­de in En­gel­se me­di­a­krin­ge, Jo­na­than Ag­new van die BBC, sê die Pro­te­as se veld­wer-k­oe­fe­ning voor die be­gin van die eer­ste toets was van die swak­stes wat hy in hon­der­de toet­se ge­sien het.

“Dis mak­lik om reg te stel, want ons is oor die al­ge­meen ’n goeie veld­werk­span. Ons het ver­le­de jaar ’n paar on­ge­loof­li­ke vang­sko­te en goeie veld­werk ver­to­nings ge­had, ek sa­lons daar­om nie net op­een ver­to­ning oor­deel nie,” sê die kap­tein.

Fo­to: GALLO IMAGES

Faf du P­les­sis is te­rug in die Pro­te­as se kamp.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.