Eg­paar dreig met hof oor wel­pie

Beeld - - FRONT PAGE - E­li­se Tem­pel­hoff

C­ha­ka die leeu­wel­pie se le­we het rof be­gin. Hy was net ’n week oud toe ’n “a­gent” langs die pad ge­dreig het om hom vir moe­tie dood te maak.

Maar die af­ge­lo­pe se­we maan­de het hy hom spek­vet ge­vreet aan bief­stuk en vis op ’n klein­hoe­we in Wal­ker­vil­le, suid van Jo­han­nes­burg.

S­nags het hy in sy eie warm bed in die Eras­mus-eg­paar se slaap­ka­mer ge­slaap tot­dat amp­te­na­re op 13 Ju­nie toe­ge­slaan en hom ge­kon­fis­keer het.

D­rie se­nu-in­een­stor­tings la­ter sê Jen­ny Eras­mus sy en haar man, Ras­sie, oor­weeg reg­stap­pe teen die Jo­han­nes­burg­se Die­re­tuin en die Gau­teng­se de­par­te­ment van land­bou en lan­de­li­ke ont­wik­ke­ling om­dat hul­le nie eens toe­ge­laat word om hul ge­lief­de C­ha­ka te sien nie.

C­ha­ka word glo in die Jo­han­nes­burg­se Die­re­tuin in kwa­ran­tyn aan­ge­hou. ’n Amp­te­naar in die de­par­te­ment sê C­ha­ka is nou ’n “be­wys­stuk” om­dat ’n on­der­soek aan die gang is. Die Eras­mus­se wil hom met al­le mag te­rug­hê. Jen­ny is se­ker hy kwyn sta­dig maar se­ker weg om­dat hy treur en moont­lik nie die reg­te kos kry nie.

Sy sê sy het haar die af­ge­lo­pe maand teen mu­re vas­ge­loop.

“Hul­le het my by die die­re­tuin voor­ge­keer toe ek wou gaan kyk waar C­ha­ka is en hoe dit met hom gaan.”

Jen­ny sê haar man het C­ha­ka in No­vem­ber ver­le­de jaar as ’n week oue wel­pie by ’n “a­gent” ge­koop wat langs die N1 by ’n vul­sta­sie bui­te Po­lo­kwa­ne met d­rie leeu­wel­pies ge­staan het, Die man het glo ge­dreig om hul­le vir moe­tie dood te maak.

“Ras­sie het be­sluit om een te koop om hom van hier­die aak- li­ge be­dryf te red en om­dat ons so ont­set­tend lief is vir die­re.”

Hy het R35 000 vir die wel­pie be­taal, maar hy is ’n paar dae la­ter dood, sê Jen­ny.

Ras­sie het die “a­gent” ge­bel en ge­sê hy wil ’n an­der wel­pie hê. Hy het glo groot geld vir C­ha­ka be­taal.

Die “a­gent” het glo ook be­loof dat hy vir hul­le per­mit­te vir C­ha­ka sou kry.

Ro­le­ta Le­be­lo, woord­voer­der van die de­par­te­ment, sê die Eras­mus­se het nie ’n per­mit nie en dit is ’n straf­reg­te­li­ke oor­tre­ding om ’n leeu son­der een aan te hou.

Jen­ny Mood­ley, woord­voer­der van die Jo­han­nes­burg­se Die­re­tuin, sê dit gaan goed met C­ha­ka. Nie­mand mag by hom kom nie om­dat hy in kwa­ran­tyn is. “Ons het al voor­heen leeus ge­had en kan goed na hul­le om­sien.”

Eras­mus sê hul­le is in die pro­ses om aan­soek te doen om hul klein­hoe­we as ’n die­re­tuin en ’n vei­li­ge ha­we vir wil­de die­re ver­klaar te kry. Hul­le hou ook twee tie­re, vier wol­we, d­rie hon­de, twee don­kies, ’n mak se­bra, ’n blou­aap, twee

Hul­le het my by die die­re­tuin voor­ge­keer toe ek wou gaan kyk waar C­ha­ka is. — JEN­NY ERAS­MUS

po­nies, d­rie skil­paaie, ’n vlak­haas, ’n A­fri­can G­rey-pa­pe­gaai en ’n kok­ke­tiel aan.

An­di­le Gu­me­de, woord­voer­der van die de­par­te­ment, sê men­se wat ’n in­heem­se dier wil “red”, moet die de­par­te­ment on­mid­del­lik vir by­stand kon­tak by 011 240 3210 of die e-pos­a­dres­se ro­le­ta.le­be­lo@gau­teng.gov.za of no­zip­ho.hla­ban­ga­na@gau­teng.gov.za.

Hul­le kan ook by ’n po­li­sie­kan­toor om hulp aan­klop.

Fo­to’s: WIKUS DE WET

Ras­sie Eras­mus by een van die twee tie­re wat hy en sy vrou, Jen­ny, op hul klein­hoe­we hou.

C­ha­ka

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.