Mai­ma­ne vra Zu­ma om A­bra­hams af te dank

Beeld - - NUUS -

Mmusi Mai­ma­ne, lei­er van die DA, het pres. Ja­cob Zu­ma in ’n brief ge­vra om adv. S­haun A­bra­hams as hoof van die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag (NVG) af te dank.

Mai­ma­ne voer aan A­bra­hams is be­voor­oor­deeld en traag met die han­te­ring van klag­te teen Zu­ma en die Gup­tas.

“Se­dert sy aan­stel­ling in 2015 het A­bra­hams toe­sig ge­hou oor die al­ge­he­le ver­po­li­ti­se­ring van die NVG, wat met ’n in­ge­bur­ger­de kul­tuur van se­lek­tie­we ver­vol­ging die plun­de­ring en dief­stal van o­pen­ba­re geld ge­sien het soos nog nooit te­vo­re nie,” het Mai­ma­ne aan Zu­ma ge­skryf, lui­dens ’n ver­kla­ring wat hy gis­ter uit­ge­reik het.

“In plaas daar­van om se­ker te maak die wet word reg­ver­dig op al­mal toe­ge­pas, het A­bra­hams se­ke­re men­se teen ver­vol­ging en die vol­le mag van die reg be­skerm.

“Sy vol­slae swye en ver­suim om stap­pe te doen teen kor­rup­sie en staat­skaping deur ’n klein po­li­tie­ke e­li­te – wat deur die Gup­tas ge­lei word – be­wys dat hy nie in staat is om sy pos by die NVG vol te staan nie.”

Mai­ma­ne kla dat hy al 1 200 dae ge­le­de agt klag­te teen Zu­ma oor N­kand­la in­ge­dien het.

Geen be­sluit is ge­neem oor of ver­vol­ging in­ge­stel gaan word nie, selfs na­dat Mai­ma­ne be­ves­ti­ging ont­vang het dat die on­der­soek glo af­ge­han­del en die dos­sier al op 21 Au­gus­tus 2015 aan A­bra­hams se kan­toor oor­han­dig is.

Mai­ma­ne skryf A­bra­hams het “po­li­ties ge­mo­ti­veer­de klag­te” teen Pra­vin Gord­han, voor­ma­li­ge mi­nis­ter van fi­nan­sies, in­ge­dien.

“Boon­op was A­bra­hams se eer­ste taak om die klag­te teen Nom­g­co­bo Ji­ba, voor­ma­li­ge waar­ne­men­de hoof van die NVG, te laat vaar en haar te be­vor­der.

“Ji­ba het on­der meer by die ver­vol­ging van Jackie Se­le­bi in­ge­meng en sy het ook ge­vra dat haar man, Book­er Na­thi, se mis­daad­ge­skie­de­nis ver­wy­der word na­dat hy geld van kli­ën­te van sy regs­prak­tyk ge­steel het.”

Mai­ma­ne sê ’n lid van die NVG moet on­par­ty­dig wees wan­neer be­slui­te oor ver­vol­ging ge­neem word.

“Dit is vir al­mal dui­de­lik dat A­bra­hams al ver­skeie ke­re nie die mas kon op­kom nie en daar­om moet hy ge­skors word han­gen­de ’n vol­le par­le­men­tê­re on­der­soek na sy be­kwaam­heid om as hoof van die NVG te werk.”

Lu­vu­yo M­fa­ku, woord­voer­der van die NVG, sê hy wil nie deur die me­dia in­ge­trek word deur kom­men­taar op die aan­ty­gings teen A­bra­hams te le­wer nie.

“Sê aan Mai­ma­ne hy is ’n lid van die par­le­ment en hy weet wat­ter stap­pe ge­doen moet word as hy wil vas­stel wat die sta­tus van ’n saak is.”

M­fa­ku sê die DA het ge­reeld skrif­te­li­ke na­vrae aan die NVG oor die sta­tus van sa­ke ge­rig, waar­on­der par­le­men­tê­re vrae, en die NVG het al­tyd ge­re­a­geer. “Ons is nie po­li­ti­ci nie,” sê M­fa­ku. “As ’n in­stel­ling volg ons al­tyd die wet.”

’n Lid van die NVG moet on­par­ty­dig wees wan­neer be­slui­te oor ver­vol­ging ge­neem word. — MMUSI MAI­MA­NE

Mmusi Mai­ma­ne, DA­lei­er.

Adv. S­haun A­bra­hams

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.