DA en EFF: ‘Doen eer­ba­re ding en be­dank, OB’

Beeld - - NUUS - P­hil­da Es­sop

Adv. Bu­si­si­we Mkhwe­ba­ne, o­pen­ba­re be­sker­mer (OB), moe­nie be­las­ting­be­ta­lers­geld ge­bruik om haar fou­te reg te stel nie, maar uit haar eie sak daar­voor op­dok, meen die DA en die EFF.

Die EFF glo trou­ens sy moet die “eer­ba­re ding” doen en haar amp ont­ruim en die DA is nou nog ster­ker daar­van oor­tuig dat sy die ver­keer­de per­soon vir die pos is.

Mkhwe­ba­ne het eer­gis­ter aan­ge­kon­dig dat sy op regs­ad- vies be­sluit het om die stryd te laat vaar om die Grond­wet te laat wy­sig ten ein­de die Re­ser­we­bank se man­daat te ver­an­der.

Sy het dié aan­be­ve­ling op 19 Ju­nie in ’n ver­slag oor die fi­nan­si­ë­le red­ding van die Bank­korp-groep in die 1980’s ge­maak. Die Re­ser­we­bank het daar­na ’n drin­gen­de aan­soek by die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria in­ge­dien om die aan­be­ve­lings in haar ver­slag ter­sy­de te laat stel.

Mkhwe­ba­ne, wat aan­vank­lik ge­sê het dat sy dié hofak- sie gaan teen­staan, het eer­gis­ter ge­sê sy het haar reg­span se ad­vies aan­vaar en sal dit nie teen­staan nie. Sy het aan­ge­bied om regs­kos­te van die op­po­ne­ren­de par­tye te be­taal.

Adv. G­lyn­nis B­rey­ten­bach, DA-LP, het in re­ak­sie ge­sê Mkhwe­ba­ne se “wan­be­grip van die Grond­wet” is ’n erns­ti­ge aan­klag teen haar amp.

“Sy sê sy sal die kos­te be- taal, wat sy met reg be­hoort te doen, maar sy be­hoort dit per­soon­lik te be­taal om­dat dit haar oor­deels­fout was wat tot die her­sie­ning ge­lei het.

“Die kan­toor van die OB is reeds nie vol­doen­de ge­fi­nan­sier nie en dit is skan­de­lik om geld wat ge­bruik kon word om die on­reg­ver­dig­he­de in Suid-A­fri­ka te on­der­soek, vir hof­ver­rig­tin­ge te ge­bruik wat nooit moes ge­beur het nie. Die DA het uit die staan­spoor ge­sê Mkhwe­ba­ne is die ver­keer­de kan­di­daat vir die amp van OB. Die hui­di­ge de­ba­kel het ons stand­punt be­ves­tig.”

M­buyi­se­ni Nd­lo­zi, EFF­woord­voer­der, het ge­vra dat Mkhwe­ba­ne die “eer­ba­re ding” doen en be­dank.

“Dit is nie net weens die on­wet­ti­ge en ge­vaar­li­ke re­me­di­ë­ren­de aan­be­ve­lings nie, maar weens haar ver­me­tel­heid om be­las­ting­be­ta­lers­geld te wil ge­bruik om vir haar on­be­voegd­heid te be­taal.”

Hy wou weet waar­om sy, as sy dan werk­lik op­reg is, op die an­der par­tye ge­wag het om reg­stap­pe te doen. “Sy be­hoort be­las­ting­be­ta­lers­geld te be­skerm, nie te ver­mors nie. As sy dus op­reg was, be­hoort sy aan te bied om die regs­kos­te per­soon­lik te be­taal,” lui die EFF se ver­kla­ring.

De­rek Ha­ne­kom, oud­mi­nis­ter van toe­ris­me, het ook ge­twiet dat haar be­dan­king dalk die “eer­ba­re op­sie” is.

“Die pu­bliek moet die OB kan ver­trou.”

Adv. Bu­si­si­we Mkhwe­ba­ne

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.