‘S­try­den­de fak­sies’ dalk ag­ter in­bra­ke, bran­de

Beeld - - NUUS -

S­try­den­de fak­sies wat mee­ding om po­li­tie­ke mag kan ag­ter die on­lang­se vlaag van in­bra­ke en bran­de by sleu­tel­staats­in­stel­lings wees, sê ’n ont­le­der van die In­sti­tuut vir Se­ker­heid­stu­dies (ISS).

Die bran­de by die kan­to­re van die pre­miers van die Oos-Kaap en Gau­teng ver­le­de maand is be­doel om adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa se fak­sie in die ANC te in­ti­mi­deer, sê dr. Jak­kie Cil­liers van die ISS.

“Dit is twee pro-Ra­map­ho­sa-pro­vin­sies en dat die­self­de ding in so ’n kort tyd op al­bei plek­ke ge­beur, is waar­skyn­lik nie toe­val­lig nie.”

Dit was waar­skyn­lik ’n “op-die-grond­fak­sie” wat ge­boue aan die brand ge­steek het.

Hy sê die in­bra­ke kon nie die werk van by­voor­beeld in­tel­li­gen­sie­diens­te wees nie. “Hul­le kan taam­lik mak­lik e­lek­tro­nies kry wat hul­le wil hê.”

Cil­liers sê dit is kom­mer­wek­kend dat die Val­ke en die po­li­sie on­danks be­wy­se nie be­we­rings van staat­skaping on­der­soek nie.

“Hier­die ge­brek aan op­tre­de is ’n dui­de­li­ke be­wys van sa­me­swe­ring deur die staat,” sê Cil­liers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.