Man met po­nie­stert nou in vi­sier

Beeld - - NUUS - May­ge­ne de Wee en S­han­tel Mo­ses

’n Wit bak­kie en ’n man met ’n po­nie­stert het nou die fo­kus ge­word van pri­va­te speur­ders wat die brand­dood van Ja­c­ques (30) en Sunita van Dyk (32) van Wel­ling­ton on­der­soek.

Die man is glo be­kend aan die Van Dyks en hul vrien­de­kring.

Hy het glo die dag voor­dat die Van Dyk-eg­paar in ’n brand in hul huis op die plaas Jak­hals­vlei bui­te Wel­ling­ton dood is ’n hou­er brand­stof by ’n vul­sta­sie in die Paarl ge­koop.

Pri­va­te speur­ders on­der­soek nou glo kring­te­le­vi­sie­ma­te­ri­aal om ag­ter die kap van die byl te kom.

Rap­port het Son­dag be­rig dat bron­ne na aan die pri­va­te speur­ders sê hul­le het nou ’n sterk ver­moe­de dat ’n mis­daad wel ge­pleeg is en dat brand­stof ge­bruik is om die vlam­me aan te help.

Neil En­nis, Ja­c­ques se werk­ge­wer en die ei­e­naar van die plaas waar­op die Van Dyks ge­woon het, het vroe­ër ge­sê vol­gens sy as­ses­sor het die brand in die kag­gel in die sit­ka­mer be­gin.

“Dit was ’n koue aand en Ja­c­ques het nog ge­sê hy gaan kag­gel maak. Dit was nie die eer­ste keer dat hy ’n vuur in die kag­gel aan­ge­steek het nie; hy het ge­weet hoe om vei­lig te wees,” sê En­nis.

Vol­gens ’n fa­mi­lie­lid van Da­nie Roux, die skool­hoof wat na be­we­ring ’n ver­hou­ding met Sunita ge­had het, het nie­mand in die Le Roux- en Sy­ming­ton-fa­mi­lie (Le Roux se skoon­fa­mi­lie) ’n wit mo­tor of ’n wit bak­kie nie.

Fo­to: CONRAD BORNMAN

So het die bad­ka­mer ge­lyk waar­in die Van Dyks ge­sterf het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.