S­ko­nes van o­ral sak op SA toe

Beeld - - NUUS - Na­di­ne T­heron

Van die mooi­ste vroue ter wê­reld daag een vir een in SuidA­fri­ka op ter vie­ring van Nel­son Man­de­la­dag op 18 Ju­lie.

Tal­le op­ge­won­de skoon­heids­ko­nin­gin­ne wat deur die Mej. Wê­reld-or­ga­ni­sa­sie ge­kroon is, het vi­deo’s op Fa­ce­book ge­plaas van waar hul­le in die land aan­kom.

S­te­pha­nie Del Val­le van Pu­er­to Ri­co, die hui­di­ge Mej. Wê­reld, het on­der meer al op­ge­daag.

Sy en die an­der skoon­he­de sal hul­le by Ro­le­ne S­trauss, Mej. Wê­reld 2015, aan­sluit.

Ro­hit K­han­del­wal, Mnr. Wê­reld, het ook al op­ge­daag.

Die Mej. Wê­reld-or­ga­ni­sa­sie, met die leu­se “Beau­ty with a Pur­po­se”, is van­jaar ’n ven­noot in die S­top Hon­ger Nou­veld­tog.

Die skoon­he­de sal kin­der­sorg­sen­trums in Diep­sloot en A­lex­an­dra in Jo­han­nes­burg, en M­vezo – die Man­de­la-stam se dor­pie – be­soek.

Mand­la Man­de­la, klein­seun van Nel­son Man­de­la, is die in­ter­na­si­o­na­le am­bas­sa­deur van S­top Hon­ger Nou en het die skoon­heids­ko­nin­gin­ne se Suid-A­fri­kaan­se pro­gram in ’n ver­kla­ring be­kend ge­maak.

“Ons moet diep in ons har­te reik en ’n ver­skil in die kin­ders se le­we maak,” sê hy.

’n Ga­la-ete vir die S­top Hon­ger Nou-veld­tog word mô­re­aand in die Sand­ton­se In­ter­na­si­o­na­le Kon­fe­ren­sie­sen­trum ge­hou.

Fo­to: MISSWORLD, FA­CE­BOOK

Die hui­di­ge Mej. Wê­reld, S­te­fa­nie Del Val­le van Pu­er­to Ri­co (regs), by E­ve­lyn N­jam­bi (Mej. Wê­reld A­fri­ka), Len­ty Frans (Mej. Wê­reld Eu­ro­pa) en Ma­ria Har­fan­ti (Mej. Wê­reld A­sië).

Mnr. Wê­reld, Ro­hit K­han­del­wal

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.