Way­de by­na vir at­le­tiek ver­lo­re

Beeld - - NUUS - An­dré Da­mons

Way­de van Nie­kerk, die wê­reld­re­kord­hou­er en O­lim­pie­se kam­pi­oen in die 400 m, was by­na vir at­le­tiek ver­lo­re om­dat hy twee jaar lank las van dy­spier­be­se­rings ge­had het.

Dank­sy ’n goeie on­der­steu­nings­ba­sis en ’n nu­we af­rig­ter hard­loop hy die at­le­tiek­wê­reld eg­ter nou aan die brand.

Hy het on­langs in ’n on­der­houd met die In­ter­na­si­o­na­le Ver­e­ni­ging van At­le­tiek­fe­de­ra­sies (IAAF) ver­tel hoe na hy daar­aan was om tou op te gooi.

“Ná die Wê­reld­kam­pi­oen­skap vir ju­ni­ors het ek ons (die Suid-A­fri­kaan­se) na­si­o­na­le kam­pi­oen­skaps­by­een­koms vir die eer­ste keer as ’n ju­ni­or ge­wen. Net daar­na is ek be­seer en die be­se­rings het twee jaar ge­bly.

“Ek het met be­se­ring ná be­se­ring ge­suk­kel en dit het ge­lyk of dit nooit gaan op­hou nie. Ek het ge­dink ek moet op­hou, maar het ’n sterk on­der­steu­nings­ba­sis tuis ge­had. Al­mal het my deur­ge­trek en ek is dank­baar dat so­veel men­se aan my ge­glo het.”

Dit was fi­siek en gees­te­lik uit­put­tend en ná ’n oe­fe­ning het hy soms ge­lê en huil. Die pyn was so erg dat hy dit oor­weeg het om eer­der se­wes­rug­by te speel, sê sy ma, O­des­sa Swarts.

Die be­se­rings was ’n be­dek­te se­ën om­dat hy die af­rig­ter Ans Bo­tha ont­moet het, sê sy.

“Die He­re het tan­nie Ans oor sy pad ge­bring en sy het be­sluit hy moet eer­der die 400 m hard­loop. Die 100 m en 200 m was sy guns­te­ling-nom­mers.”

Van Nie­kerk se ver­haal dien nou as in­spi­ra­sie vir jong at­le­te.

“Die bes­te raad is: Moet nooit op­gee nie. Dis een­vou­dig en ’n cli­ché, maar dis wat kin­ders gou doen. As dit moei­lik word, wil hul­le op­gee en iets an­ders doen,” sê hy.

“Twee jaar (ná die be­se­rings) is al­les a­ma­zing en ek is dank­baar daar­voor.”

Van Nie­kerk het twee we­ke ge­le­de Mi­cha­el John­son se wê­reld­re­kord in die 300 m ver­be­ter en net meer as d­rie we­ke ge­le­de het hy die Suid-A­fri­kaan­se re­kord in die 200 m laat spat.

Fo­to: REUTERS

Way­de van Nie­kerk ver­le­de week in Lau­san­ne.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.