Sunita ‘meer as net mens’

Beeld - - NUUS -

“Jy was meer as net mens, Sunita van Dyk. Jy was gro­ter.”

So het een van Sunita se bes­te vrien­din­ne, A­nel­ma le Roux, haar in ’n her­den­kings­brief op Fa­ce­book be­skryf.

Sunita en haar man, Ja­c­ques van Dyk, is op 10 Mei in ’n brand in hul plaas­huis bui­te Wel­ling­ton dood.

“As jy net kon weet wat ek sou ver­ruil so­dat ek net die foon kon op­tel en jou bel. Net te ge­sels oor dit en dat. Dat ons net weer kan saam lag, dat jy my kan ver­tel van net­bal, ter­wyl ek geen be­lang­stel­ling toon, en ek jou kan ver­tel oor moei­li­ke kli­ën­te ter­wyl jy al­le be­lang­stel­ling toon. Want dit is hoe jy was.”

Le Roux se in­skry­wing volg op ’n brief deur Ela­na Hugo. Le Roux sê Hugo het die “wa­re Sunita” be­lig – “wat nie­mand ooit sal kan swart­smeer nie, want daar was net mooi.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.