Vrou sterf ná man brand stig

Vlam­me wat sy in­a­sem, rig erg­ste ska­de aan

Beeld - - NUUS - Su­san Cil­liers

A­ni­ta Prins­loo is gis­ter­og­gend dood weens die brand­won­de wat sy op­ge­doen het toe haar man, Ru­di, hul meent­huis in Rus­ten­burg in ’n woe­de­bui met pe­trol be­sprin­kel en dit aan die brand ge­steek het.

A­ni­ta se broer Ja­c­ques, as­ook Ru­di, is ook dood in die brand Woens­dag­aand.

Ja­c­ques en sy ge­sin het die af­ge­lo­pe twee maan­de by die Prins­loos ge­woon na­dat hy werk in Rus­ten­burg ge­kry het. Ja­c­ques het Ru­di ver­geefs pro­beer keer toe hy die meent­huis aan die brand wou steek.

Ru­di het op die to­neel ver­kool. Ja­c­ques het brand­won­de oor by­na sy he­le lyf op­ge­doen en is Sa­ter­dag dood.

A­ni­ta en Ja­c­ques se pa, Mi­as, het nou nog net een van sy vier kin­ders, Jer­ry, oor. Hul an­der broer is 16 jaar ge­le­de in ’n mo­tor­on­ge­luk dood. Hul ma, Pop­pie, is ook al dood.

Jer­ry sê A­ni­ta se bloed­druk het die laas­te paar dae erg ge­daal. Sy het brand­won­de oor meer as die helf­te van haar lyf op­ge­doen, maar die groot­ste ska­de is aan­ge­rig deur die der­de­graad­se brand­won­de wat sy in­wen­dig op­ge­doen het toe sy vlam­me in­ge­a­sem het.

A­ni­ta was in ’n ko­ma en aan le­wens­on­der­steu­nen­de ma­sjie­ne ge­kop­pel in die Mil­park­hos­pi­taal in Jo­han­nes­burg toe sy gis­ter om­streeks 11:30 weens al­ge­he­le or­gaan­ver­sa­king dood is.

Vol­gens Jer­ry was A­ni­ta en Ru­di so­wat d­rie jaar ge­troud. “Hy was ’n al­ko­ho­lis en het haar al voor­heen aan­ge­rand. Haar arm is al ge­breek toe hy haar ge­stamp het.”

Jer­ry sê A­ni­ta het ná die brand ver­tel Ru­di het in die ure voor die tragedie bot­tels bran­de­wyn uit­ge­drink. “Sy het vir hom kof­fie ge­maak en ge­sê hy moet op­hou drink, maar hy het die kof­fie in haar ge­sig ge­gooi.”

A­ni­ta het toe ge­doen wat sy lank­al wou doen: be­gin pak om Ru­di te ver­laat.

Ru­di het in­tus­sen ge­ry om sy kind uit ’n vo­ri­ge hu­we­lik te gaan af­laai. “Ons ver­moed hy het toe weer ê­rens gaan drink. Hy het vir A­ni­ta ’n SMS ge­stuur waar­in hy ge­sê het ‘dis die ein­de’. Hy het haar ook ge­bel om te sê hy gaan haar ver­moor.”

A­ni­ta het die vei­lig­heids­wag­te by hul meent­huis­kom­pleks ge­vra om Ru­di daar uit te hou, maar hy het die val­hek stuk­kend ge­ry.

Hy het die meent­huis bin­ne­ge­gaan met ’n kan pe­trol, die pe­trol oor die meu­bels en op die vloer ge­gooi en aan die brand ge­steek.

Ja­c­ques se vrou, A­dél­le, kon gou ge­noeg met hul d­rie kin­ders uit die huis kom. Hul oud­ste seun, Ju­an (20), is eg­ter te­rug om sy pa te gaan help en het brand­won­de aan sy be­ne op­ge­doen.

Jer­ry sê A­ni­ta se 16-ja­ri­ge seun uit ’n vo­ri­ge hu­we­lik se vin­gers het ook ge­brand toe hy haar bran­den­de kle­re van haar pro­beer af­trek het. Sy en Ru­di het nie kin­ders ge­had nie.

Ja­c­ques se ver­as­sings­diens is Vry­dag in Rus­ten­burg. Ru­di word van­dag ver­as. Jer­ry sê hy, sy pa en A­dél­le gaan die diens vir Ru­di nie by­woon nie.

Fo­to: E­LI­ZA­BETH SEJAKE

A­dél­le Be­zui­den­hout en haar seun Ju­an in die huis wat af­ge­brand het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.