Sa­ke­man wou slang skiet toe skoot hom eis

Beeld - - NUUS - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

Die ge­meen­skap van Be­la-Be­la (Warm­bad) in Lim­po­po is ge­skok ná die skiet­dood van ’n be­ken­de sa­ke­man van die dorp.

Ti­aan Oost­hui­zen (54) is ver­le­de Woens­dag op slag dood toe hy met ’n ha­el­ge­weer in die hand oor ’n draad­hei­ning op sy hoe­we ge­klim en ’n skoot af­ge­gaan het.

“Hy was ’n merk­waar­di­ge man en het op sy stil ma­nier so baie le­wens po­si­tief aan­ge­raak,” sê Jen­ny Mom­berg, ’n vrien­din van Oost­hui­zen.

’n Fa­mi­lie­lid van Oost­hui­zen het aan Ma­roe­la Me­dia ge­sê hy was ver­le­de Woens­dag op die uit­kyk vir slan­ge op die hoe­we waar hy en sy vrou, Rie­kie, ge­woon het.

Twee van hul hon­de is on­langs ná slang­by­te dood.

Ti­aan het glo ’n slang ge­sien en aan ’n werk­ne­mer ge­sê om te wag waar die slang op­ge­merk is ter­wyl hy huis toe is om sy ha­el­ge­weer te gaan haal.

Hy was glo op die punt om die slang te skiet toe dit on­der­deur ’n draad­hei­ning seil.

Ti­aan het met die ha­el­ge­weer oor die hei­ning ge­klim en ’n skoot het af­ge­gaan, ver­moe­de­lik toe hy aan die vuur­wa­pen ge­stamp het.

Ti­aan was tot in 2015 die ei­e­naar van die Ma­ru­la Moun­tain Vil­la­ge op die Eers­be­woon-pad bui­te Be­la-Be­la.

Hy en sy vrou het op ’n aan­gren­sen­de hoe­we ge­woon na­dat hy die oord ver­koop het.

Hy was ja­re ge­le­de in die po­li­sie en was ’n ge­sou­te jag­ter.

“Ons gaan oom Ti­aan se vrien­de­lik­heid en goeie ge­sind­heid baie mis. Hy was vir baie soos ’n ou­pa en het al­tyd lek­ker ge­lag,” sê Jo­han van Vol­len­ho­ven, ’n vriend.

Adolph Vosloo, sy skoon­seun, sê die voor­val is i­ro­nies om­dat Ti­aan al­tyd baie ge­steld op vuur­wa­pen­vei­lig­heid was.

Fe­le­cia La­wren­ce, ’n dog­ter van Ti­aan, skryf op Fa­ce­book: “Lief­ste vrien­de en fa­mi­lie, dis met ge­bro­ke har­te dat ons moet aan­kon­dig dat die be­graf­nis van ons lief­ste Dad, man, seun, pro­feet, vriend en broer, Ti­aan Oost­hui­zen, op Sa­ter­dag 15 Ju­lie 12:00 uit die Ou A­pos­to­lie­se kerk in Be­la-Be­la sal plaas­vind.”

Die po­li­sie doen ’n ge­reg­te­li­ke doods­on­der­soek.

Bi­na en John Cross

Ti­aan en Rie­kie Oost­hui­zen

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.