Skok oor moont­li­ke pa­rool ná 2 moor­de

Beeld - - NUUS - Seug­net van Zyl

“Uit­kom gaan hul­le nié.

“Hul­le het my ou­ers op die wreed­ste wy­se denk­baar ver­moor en nou ver­wag hul­le ver­gif­nis?

“Geen moor­de­naar het die reg op pa­rool nie,” sê Li­ta Fou­rie (59). Haar pa, John Cross (77), en ma, Bi­na (76), is in 2000 op hul plaas na­by Gra­ve­lot­te in Lim­po­po ver­moor.

Sy het in die af­ge­lo­pe week met skok ver­neem haar ou­ers se moor­de­naars kan nou ná 17 jaar vir pa­rool in aan­mer­king kom.

Haar pa is eers in die knieë ge­skiet voor­dat hy bloei­end deur die plaas­huis ge­sleep is. Die aan­val­lers het hom met sy eie das­se in die bad vas­ge­bind en toe ’n spuit­kop waar­uit ko­ken­de wa­ter ge­kom het in sy keel ge­druk.

Hul­le het hom daar­na op ’n kort af­stand met ’n ha­el­ge­weer in die kop ge­skiet.

Fou­rie se ma is ook in die knieë ge­skiet voor­dat sy ’n dood­skoot in die bors ge­kry het.

“Daar­die twee is ge­woon­te­mis­da­di­gers en moor­de­naars en mag nie vry­ge­laat word nie. Hul­le sal weer doen wat hul­le ge­doen het.

“En as hul­le wel pa­rool kry, sal ek self na hul­le gaan soek. Dit wat hul­le ge­doen het, het my le­we ver­an­der.”

Zan­di­le Ma­bun­da, woord­voer­der van die de­par­te­ment van kor­rek­tie­we diens­te in T­ho­hoy­an­dou, het be­ves­tig dat Mi­cha­el Maahla­me­la (nou 47) en Ephraim Mok­we­na (nou 43) soos e­ni­ge an­der oor­tre­der in die be­trok­ke ka­te­go­rie nou in aan­mer­king kom vir pa­rool.

“’n Ver­sky­ning voor die pa­rool­raad sluit wel deel­na­me van die slag­of­fer en die oor­tre­der in wat die de­par­te­ment in staat sal stel om ’n be­sluit te neem of hul­le moont­lik vir pa­rool in aan­mer­king ge­neem sal word.”

Lo­gan Mai­stry, ad­junk­kom­mis­sa­ris van kor­rek­tie­we diens­te, sê die mi­nis­ter van jus­ti­sie en kor­rek­tie­we diens­te neem uit­ein­de­lik die fi­na­le be­sluit oor ge­van­ge­nes wat le­wens­lan­ge von­nis­se uit­dien.

“Daar is geen waar­borg dat hul­le wel pa­rool sal kry nie. Die mi­nis­ter moet die be­sluit neem met in­sae van ver­skeie par­tye,” sê Mai­stry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.