Le­raar ver­krag kind glo ook toe sy hulp vra

Beeld - - NUUS - Mi­ke van Rooy­en

’n Mei­sie (14) wat by haar pre­di­kant om hulp gaan aan­klop het na­dat haar pa haar ver­krag het, is ook deur die le­raar ver­krag, be­weer die staat in die hoog­ge­regs­hof in Bloem­fon­tein.

Die pre­di­kant het pleg­tig on­der­neem om haar pa oor sy da­de aan te spreek voor­dat hy haar ge­vra het om ook met hom seks te hê, be­weer die staat.

Sy het haar te­ë­ge­sit, maar hy het haar ver­krag.

Die pa (39) en die pre­di­kant (36) sal vroeg in Au­gus­tus saam in die be­skul­dig­de­bank staan om re­ken­skap te gee van hul be­weer­de da­de met die mei­sie.

Lui­dens die klag­staat het die pa sy dog­ter in De­sem­ber 2015 in hul huis in die Ra­ta­ba­ne­trust­ge­bied in die dis­trik T­ha­ba N­chu ver­krag ter­wyl haar ma ’n be­graf­nis by­ge­woon het.

Hy het die an­der kin­ders in die huis glo win­kel toe ge­stuur.

Hy het haar lui­dens die klag­staat weer op 1 Fe­bru­a­rie ver­le­de jaar ver­krag na­dat sy van die skool af by die huis ge­kom het.

Hy het in Au­gus­tus weer pro­beer, maar sy kon weg­kom.

Die staat sê die mei­sie het haar kort daar­na tot hul pre­di­kant ge­wend in die hoop dat hy op ’n ma­nier kon help. Toe ver­krag hy haar ook, sê die staat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.