Vrou steek haar­self aan brand

Kort­liks

Beeld - - NUUS -

’n 53-ja­ri­ge vrou wat haar­self in Rand­fon­tein aan die WesRand aan die brand ge­steek het, is in ’n be­denk­li­ke toe­stand in die Le­ra­tong-hos­pi­taal.

Su­san van Rooy­en (53) het eer­gis­ter net ná 16:00 voor ’n drank­win­kel in U­ni­on­straat in Rand­ga­te, Rand­fon­tein, so­wat twee li­ter pe­trol oor haar ge­gooi en haar­self aan die brand ge­steek.

“Dit gaan nie goed met my ma nie,” sê Van Rooy­en se oud­ste dog­ter, Su­san Cloe­te (35).

“Ek het haar in die hos­pi­taal be­soek en kon haar nie eens her­ken nie.”

Vol­gens Cloe­te het die plaas- li­ke ge­meen­skaps­po­li­si­ë­rings­fo­rum die fa­mi­lie ge­bel om te sê wat ge­beur het.

Rus­sel Mei­ring, woord­voer­der van ER24, sê Van Rooy­en het ge­sit en was om­ring deur om­stan­ders toe pa­ra­me­di­ci op­daag.

Hul­le het die brand­won­de aan on­der meer haar kop en ge­sig be­han­del.

Pas­sa­siers in ’n ver­by­gaan­de taxi het ge­sien hoe sy aan die brand raak en uit­ge­spring om te help. Ie­mand in die taxi kon die vlam­me blus, maar Van Rooy­en was so­wat 40 se­kon­des lank aan die brand en het vol­gens fa­mi­lie­le­de er­ger as twee­de­graad­se brand­won­de op­ge­doen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.