Knys­na het nog net 19 dae wa­ter

Beeld - - NUUS - – Jackie Kru­ger

Knys­na het net ge­noeg wa­ter vir 19 dae oor, aan­ge­sien die Akkerkloofdam, Knys­na se op­gaar­dam, net 30% vol is.

So­wel die Gou­na- as die Knysna­ri­vier het al op­hou vloei.

Ge­volg­lik lê die wa­ter­vlak 100 mm on­der die keer­wal by die C­har­les­ford-ont­trek­kings­punt in die Knysna­ri­vier, sê Kam C­het­ty, Knys­na se mu­ni­si­pa­le be­stuur­der.

Die Gou­na- en die Knysna­ri­vier voor­sien wa­ter aan die Akkerkloofdam.

Om­dat die Knys­na-ge­bied nie re­ën kry soos wat voor­spel is nie, doen C­het­ty ’n be­roep op in­wo­ners en be­soe­kers om wa­ter spaar­saam te ge­bruik.

C­het­ty sê om­dat die wa­ter­vlak­ke so laag is, kan die Knys­na-mu­ni­si­pa­li­teit nie al sy pom­pe ge­bruik om wa­ter na die G­le­be­dam oor te pomp nie.

Wa­ter word ge­woon­lik van die G­le­be­dam na die Akkerkloofdam ge­pomp.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.