Aan­val­ler se tong stuk­kend ge­byt

Beeld - - NUUS - – Alet van der Walt

’n Vrou van Reitz het ’n jong man se tong stuk­kend ge­byt toe hy haar pro­beer ver­krag het.

Die slag­of­fer (38) sê die man het haar Son­dag­nag by haar huis in die Petsa­na-buurt van Reitz in­ge­wag en met ’n mes ge­dreig, sê kapt. Z­we­li Mo­ho­be­le­li, po­li­sie­woord­voer­der.

Die vrou het te­rug­ba­klei en in die wor­ste­ling kon sy daar­in slaag om die man (23) se tong stuk­kend te byt. Sy sê in haar ver­kla­ring sy het stuk­kies van sy tong af­ge­byt.

Die man het ge­vlug. Hy het by die hos­pi­taal gaan hulp soek en is deur die po­li­sie in heg­te­nis ge­neem.

Die kle­re wat hy aan­ge­had het, het ook oor­een­ge­stem met die slag­of­fer se be­skry­wing, sê Mo­ho­be­le­li.

Die man het gis­ter in die land­dros­hof in Reitz op aan­klag van po­ging tot ver­krag­ting ver­skyn en wil Vry­dag aan­soek om borg­tog doen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.