Ver­veel­de Don mag nie in tronk werk

Beeld - - NUUS - C­har­né Kemp

Don S­teen­kamp, wat 20 jaar tronk­straf uit­dien weens die moord op sy ge­sin en die ver­krag­ting van sy sus­ter, sit glo ver­veeld in die tronk om­dat sy aan­soek om daar te werk af­ge­keur is.

Sy on­der­steu­ners sê hy is wel po­si­tief oor sy om­stan­dig­he­de en sy ap­pèl­ver­hoor, waar­in hy sy on­skuld in die op­spraak­wek­ken­de G­rie­kwa­stad-moord­saak wil be­wys.

Hy pro­beer glo hard om ma- triek in die tronk te be­haal.

S­teen­kamp, nou 20, is in Maart 2014 skul­dig be­vind aan die moord op sy ou­ers, De­on en Chris­tel, en sy sus­ter, Mart­hel­la, op Goeie Vry­dag in 2012. Hy het Mart­hel­la ook ver­krag.

Hy is kort ná sy 18de ver­jaar­dag en von­nis­op­leg­ging in Au­gus­tus 2014 in die me­dia ge­ï­den­ti­fi­seer. Sy ge­val is ge­bruik in die aan­soek van vier or­ga­ni­sa­sies dat die i­den­ti­teit van minderjarige ge­tui­es en aan­ge­klaag­des in straf­sa­ke ál­tyd ge­heim bly en nooit ge­pu- bliseer word nie.

Me­dia24, Ti­mes Me­dia en In­de­pen­dent News­pa­pers het dié aan­soek van die Sen­trum vir Kin­der­reg, C­hild­li­ne, Nim­ro en Me­dia Mo­ni­to­ring A­fri­ca teen­ge­staan.

Reg­ter Wen­dy Hug­hes het die aan­soek gis­ter van die hand ge­wys. In­ge­vol­ge die Straf­pro­ses­wet mag die i­den­ti­teit van minderjarige ge­tui­es en aan­ge­klaag­des in straf­sa­ke net tot­dat hul­le 18 is nie be­kend ge­maak word nie, het sy ge­sê.

Vol­gens ’n bron is dit vir S­teen­kamp moei­lik om in die tron­k­om­stan­dig­he­de vir wis­kun­de, fi­sie­se we­ten­skap en re­ke­ning­kun­de te stu­deer.

Ben­nie Heckroodt, sy eer­tyd­se voog, sê S­teen­kamp fo­kus op sy ap­pèl­saak en dink nie eens aan moont­li­ke pa­rool of wat hy gaan doen wan­neer hy een­dag vry­ge­laat word nie.

Vol­gens ’n bron kui­er daar el­ke na­week men­se by S­teen­kamp. “Hy is steeds net ’n nor­ma­le kind, met nor­ma­le ge­drag. Hy is nie die mon­ster wat in die me­dia uit­ge­beeld word nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.