S­tri­pel die kat kom meer as maand ná Knys­na­bran­de huis toe

Beeld - - NUUS - Jackie Kru­ger

S­tri­pel, ’n kat van Knys­na wat meer as ’n maand lank op haar eie oor­leef het ná die ver­woes­ten­de bran­de, gaan met haar ei­e­naar her­e­nig word wat nou in Gau­teng woon na­dat haar huis af­ge­brand het.

S­tri­pel het op 8 Ju­lie haar op­wag­ting ge­maak by ’n huis in die woon­buurt Pa­ra­di­se in Knys­na, steeds met ’n band van klok­kies om die nek.

Te­re­sa Dal­ton, S­tri­pel se ei­e­naar, sê toe die bran­de op 7 Ju­nie uit­ge­breek het, was S­tri­pel nê­rens te vin­de nie.

“Ek dink sy het die bran­de aan­ge­voel. By die huis het sy nooit uit ons erf ge­gaan nie.”

Dal­ton het slegs ’n dag te­vo­re uit die VSA in Knys­na aan­ge­kom.

S­tri­pel was ver­heug om haar ou­nooi weer te sien, min we­ten­de wat sou kom.

Die vol­gen­de dag toe die bran­de uit­breek, moes Dal­ton-hul­le hul huis in Knys­na Heig­hts ont­ruim.

Sy het ’n buur­vrou se hond, B­en­ji, in die cha­os ge­sien en op- ge­laai. Haar buur­vrou was so dank­baar dat sy, toe Dal­ton se huis af­ge­brand het, el­ke dag kos uit­ge­sit het in die hoop dat S­tri­pel sou te­rug­kom.

Op 8 Ju­lie het S­tri­pel aan­ge­kom by ’n ge­sin wat ’n vleis­braai ge­hou het by hul huis in die woon­buurt Pa­ra­di­se.

S­tri­pel was ma­er en hon­ger en het die aand daar ge­slaap.

“Die vol­gen­de dag het hul­le haar na ’n vee­arts ge­neem wat toe­val­lig ook my vee­arts was,” sê Dal­ton.

S­tri­pel se fo­to met die on­ge­wo­ne nek­band is o­rals op Fa­ce­book ge­deel en dit het da­de­lik aan­dag ge­trek. Ie­mand het dit her­ken en Dal­ton is ver­wit­tig dat S­tri­pel ge­vind is. Sy was in ek­sta­se. “Dit is ’n won­der­werk,” sê sy. “Op 21 Ju­lie – my ver­jaar­dag – gaan ’n fa­mi­lie­lid haar vir my na Gau­teng bring. Ek kan nie vir ’n be­ter ver­jaar­dag­ge­skenk ge­vra het nie. S­tri­pel is my ba­ba.”

Vol­gens Dal­ton, ’n ke­ra­miek­kuns­te­naar, gaan sy nie te­rug­keer Knys­na toe nie. Sy en S­tri­pel gaan in Gau­teng aan­bly.

’n Vroe­ë­re fo­to van S­tri­pel by ’n stand­beeld van ’n vo­ël.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.