Ál meer in­bra­ke by stil hui­se, wa­pen­dief­stal kwel

Beeld - - NUUS - – Ma­rie­tie Louw­Car­stens

In­bra­ke op pla­se waar vuur­wa­pens ge­steel word as die ei­e­naars nie tuis is nie, kom al hoe meer in Lim­po­po voor.

Dit is ’n kom­mer­wek­ken­de ten­dens, sê oud­kol. Ga­wie Lou­w­rens van die He­ri­ta­ge Pro­tecti­on Group (HPG), ’n or­ga­ni­sa­sie wat mis­daad be­kamp en deur oud­po­li­sie­le­de ge­stig is.

In ’n on­lang­se voor­val is jag­ge­we­re Son­dag uit ’n kluis op ’n plaas in die Tom Bur­ke­ge­bied ge­steel.

B­rig. Mot­la­fe­lo Mo­ja­pe­lo, po­li­sie­woord­voer­der in Lim­po­po, sê d­rie mans wat glo voor­heen op die plaas ge­werk het, word in ver­band met die voor­val ge­soek.

Die ei­e­naars van die plaas, Fran­cois en Ir­mi Drot­skie, was nie tuis ten ty­de van die in­braak nie.

Mo­ja­pe­lo sê ’n hoek­sly­per is ge­bruik om ’n kluis oop te sny. A­me­ri­kaan­se dol­lars en jag­ge­we­re is uit die kluis ge­steel.

Vier groot­skerm­te­le­vi­sie­stel­le is ook ge­steel en die huis ge­plun­der.

Vol­gens Mo­ja­pe­lo is van die jag­ge­we­re wat in die kluis was op ’n bed in ’n slaap­ka­mer in die plaas­huis ge­kry. Die die­we het ge­vlug in ’n I­su­zu­dub­bel­ka­juit­bak­kie wat aan JP van S­ta­den, ’n vriend van Fran­cois, be­hoort en saam met wie hy die na­week Botswa­na toe is.

Ir­mi en die eg­paar se kin­ders het by fa­mi­lie­le­de in M­pu­ma­lan­ga ge­kui­er.

Mo­ja­pe­lo sê die bak­kie is so­wat 10 km van die plaas­huis ge­kry. Van die TV­stel­le was nog op die bak­kie en die an­der het in die veld ge­lê.

Die in­bre­kers is weg met die geld en jag­ge­we­re.

Ir­mi se ou­ers, Jo­han (77) en Glou­dien van Rens­burg (65), is vyf jaar ge­le­de op hul plaas in die Bal­ti­mo­re­dis­trik ver­moor. Hul­le is in hul bed ge­skiet. Dit is so­wat 90 km van die plaas waar daar die na­week in­ge­breek is.

Lou­w­rens sê HPG on­der­soek ’n soort­ge­ly­ke voor­val op ’n plaas in die Roed­tan­dis­trik, waar daar ook in­ge­breek is toe die ei­e­naars nie tuis was nie en vuur­wa­pens ook ge­steel is.

Glou­dien en Jo­han van Rens­burg is in 2012 op hul plaas by Bal­ti­mo­re in Lim­po­po ver­moor.

Fo­to: SAPD

Van die jag­ge­we­re wat ge­kry is in ’n plaas­huis waar­by daar die na­week in­ge­breek is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.