Ger­rie sê elk­een kan kor­rup­sie be­ëin­dig

Beeld - - NUUS - Su­san Cil­liers

Pri­va­te ver­vol­ging is nié ’n po­ging om ’n pa­ral­lel­le ver­vol­gings­ge­sag naas die staat s’n te skep nie, het adv. Ger­rie Nel, hoof van A­friForum se pri­va­te ver­vol­gings­een­heid, gis­ter­aand in Rus­ten­burg ge­sê.

Hy het by die Her­vorm­de kerk Tui­ne met in­wo­ners ge­praat oor kor­rup­sie, ge­reg­tig­heid en pri­va­te ver­vol­ging.

Nel sê el­ke po­li­sie­dos­sier gaan na die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag (NVG) vir oor­we­ging om te ver­volg.

“Selfs na­dat die NVG be­sluit om nié te ver­volg nie en ’n pri­va­te ver­vol­gings­een­heid sien me­rie­te om wel te ver­volg, moet ook dié me­rie­te vir her­oor­we­ging aan die NVG voor­ge­lê word. Eers wan­neer die NVG be­sluit om steeds nie te ver­volg nie, kan ons dit doen.”

Nel sê Suid-A­fri­ka is moont­lik die eer­ste land ter wê­reld om ’n pri­va­te ver­vol­gings­een­heid op die been te bring.

Dié pi­o­niers­werk maak hom baie op­ge­won­de.

Hy sien ver­al uit om uit­da­gings te pak soos dat ’n saak net suk­ses­vol be­wys kan word in­dien ie­mand be­na­deel is.

Nel het ’n be­roep op sy ge­hoor ge­doen om self kor­rup­sie te keer.

“Al be­taal jy net R300-om­koop­geld aan ’n ver­keers­man, is dit kor­rup­sie. Ag­ter el­ke kor­rup­te staats­amp­te­naar is ’n kor­rup­te on­der­ne­ming.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.