‘O­wer­heid móét ver­ple­ër uit­plaas’

Beeld - - NUUS - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

“Dit voel of ’n berg van my skou­ers af is.”

So het Dané Hertz (22) gis­ter­mid­dag ge­sê ná haar reg­stryd met die Gau­teng­se ge­sond­heids­o­wer­heid om­dat sy nie uit­pla­sing vir haar ver­plig­te ge­meen­skaps­diens­jaar as ver­pleeg­ster kon kry nie.

Dié o­wer­heid moet Hertz lui­dens ’n bevel van die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria bin­ne 30 dae uit­plaas na die O.R. Tam­bo-kli­niek, waar sy van die be­gin af wou werk na­dat sy as ’n ver­pleeg­kun­di­ge ge­kwa­li­fi­seer het.

Die kli­niek is so­wat 8 km van haar huis af.

Die vak­bond So­li­da­ri­teit sê hy het na­mens Hertz ’n aan­soek by dié hof in­ge­dien om haar in ’n ge­meen­skaps­diens­pos aan­ge­stel te kry om­dat die ge­sond­heids­de­par­te­ment en mi­nis­ter van ge­sond­heid se­dert Ja­nu­a­rie “ver­suim het om haar te plaas”.

An­ton van der Bi­jl, hoof van die vak­bond se sen­trum vir bil­li­ke ar­beids­prak­ty­ke, sê ’n skik­king is gis­ter tus­sen die par­tye be­reik. Die skik­king is ’n hof­be­vel ge­maak.

“Dit is hart­seer dat ’n hof ’n staats­de­par­te­ment moet dwing om sy wet­li­ke plig­te uit te voer,” sê hy.

So­li­da­ri­teit het die ge­sond­heids­o­wer­heid op 15 Ju­nie drin­gend ver­soek om Hertz, wat ein­de ver­le­de jaar af­ge-stu­deer het, bin­ne se­we dae na ’n kli­niek uit te plaas. Hertz sê sy suk­kel al se­dert 2016 om ’n pla­sing te kry.

Dit is die o­wer­heid se plig om Hertz uit te plaas vir ge­meen­skaps­diens, want as sy dié een jaar ver­plig­te diens nie vol­tooi nie, kan sy nie as ’n pro­fes­si­o­ne­le ver­pleeg­ster registreer nie.

Die vak­bond het die hof ge­vra dat die Gau­teng­se ge­sond­heids­de­par­te­ment en die mi­nis­ter van ge­sond­heid be­veel word om al­le no­di­ge stap­pe te doen om Hertz uit te plaas, te­rug­wer- kend tot 1 Ju­nie.

Hertz is van E­lands­fon­tein, Kemp­ton Park. Sy het die graad BCur aan die Noord­wesU­ni­ver­si­teit ver­werf.

Sy sê in ’n eeds­ver­kla­ring voor die hof sy het in Ju­nie 2016 om haar ge­meen­skaps­diens­jaar se pla­sing aan­soek ge­doen.

“Ek het die op­sie ge­had om in e­ni­ge d­rie pro­vin­sies van my keu­se aan­soek te doen. Ek het aan­soek ge­doen om pla­sing in Gau­teng, Noord­wes en M­pu­ma­lan­ga.”

Op 12 Ok­to­ber het sy ’n e-pos van die span vir in­tern­skap en ge­meen­skaps­diens­pla­sing (be­kend as die ICSP-span) ont­vang.

Haar pla­sing kan op ’n stel­sel na­ge­gaan word. Daar­vol­gens is sy na die T­hel­le Mo­goe­ra­ne-streek­hos­pi­taal in Vos­loo­rus, Gau­teng, uit­ge­plaas. Sy het die pla­sing aan­vaar voor die sper­da­tum op 19 Ok­to­ber.

Op 28 No­vem­ber het sy ’n SMS van die ICSP-span ont­vang wat sê dat sy aan­soek ge­doen het om ’n pos in ’n pro­vin­sie waar­in sy nie ver­on­der­stel was om aan­soek te doen nie en dat haar pla­sing dus af­ge­keur is. Sy moes weer aan­soek doen.

“Ek ont­ken dat ek aan­soek ge­doen het om ’n pos in ’n pro­vin­sie waar­in ek nie ver­on­der­stel was om aan­soek te doen nie,” lui haar ver­kla­ring.

Sy het op 29 No­vem­ber ’n e-pos aan die ICSP-span ge­stuur en ge­sê sy is nie ’n beurs­hou­er nie en dat sy in d­rie pro­vin­sies om pla­sing mag aan­soek doen. “Ek het hul­le in­ge­lig dat ek pla­sing ont­vang het by my vier­de keu­se, Vos­loo­rus, en dat ek al ’n huur­oor­een­koms (vir ver­blyf) in die ge­bied ge­sluit het. Ek het geen re­ak­sie op dié e-pos ont­vang nie.” Daar­na is e-pos­se heen en weer ge­stuur. Die ICSP-span het op 1 De­sem­ber in ’n e-pos aan haar ge­sê die re­de vir die af­keu­ring van haar pla­sing is dat beurs­hou­ers nie ge­plaas word in die pro­vin­sies waar­in hul­le die beur­se ont­vang het nie. “Ge­volg­lik moes hul­le my weer plaas.” Sy het weer om pos­te aan­soek ge­doen, maar het geen te­rug­voe­ring van die ICSP­span in De­sem­ber ge­kry nie.

Hier­na het Hertz weer tal­le e-pos­se oor die saak ge­stuur. Haar pro­ku­reur het op 14 Ju­nie van­jaar aan die ge­sond­heids­o­wer­heid ge­skryf Hertz was in “kon­stan­te kon­tak” met die re­le­van­te amp­te­na­re oor haar pla­sing.

Van der Bi­jl sê So­li­da­ri­teit meen Hertz se se­ge “het die slui­se oop­ge­maak” vir hof­aan­soe­ke deur dok­ters en ver­pleeg­sters wat suk­kel om pla­sing vir hul ge­meen­skaps­diens te kry.

Fo­to: JEANNEMARIÉ VER­SLUIS

Dané Hertz

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.