Zu­ma nou soos ’n be­nou­de kat

Beeld - - KOMMENTAAR - Hen­ry Jef­freys

Pres. Ja­cob Zu­ma toon te­kens van ’n des­pe­ra­te man wat dit al hoe moei­li­ker vind om die druk waar­on­der hy ver­keer op ’n ra­si­o­ne­le ma­nier te ver­werk.

Sy jong­ste be­we­ring dat die pro­ble­me wat die ANC teis­ter die ge­volg is van ’n sa­me­swe­ring deur We­ster­se lan­de wat hom en die ANC wil ont­se­tel, grens aan die des­pe­ra­te.

Zu­ma was tus­sen die We­ster­se lei­ers op ver­le­de week se be­raad van die G20­lan­de. Hy sou daar ag­ter­ge­kom het die kwes­sies waar­oor hul­le hul­le be­kom­mer, is die groot uit­da­gings van ons tyd: kli­maat­ver­an­de­ring, in­ter­na­si­o­na­le han­del, in­ter­na­si­o­na­le ter­reur, die be­drei­ging van Noord-Ko­rea en die po­si­sie van A­fri­ka in die wê­reld.

Die pro­ble­me van Suid-A­fri­ka, dié van die ANC en van Zu­ma self, was waar­skyn­lik nie eens ’n spik­kel­tjie op die ra­dar van die wê­reld­lei­ers nie.

Met sy be­skul­di­ging van We­ster­se in­men­ging in Suid-A­fri­ka se po­li­tiek, doen Zu­ma wat men­se wat hul eie pro­ble­me skep, ge­woon­lik doen: soek na son­de­bok­ke om te bla­meer vir jou self­op­ge­leg­de mis­tas­tings.

In die ou dae het die Na­si­o­na­le Par­ty al­tyd die vin­ger ge­wys na die “Rooi Ge­vaar” of “kom­mu­nis­te on­der die bed”.

Maar soos met die ou Nat­te, is die son­des van die nu­we Nat­te (die ANC) be­sig om hul­le in te haal.

Die ANC het ver­le­de week ná sy na­si­o­na­le be­leids­kon­fe­ren­sie te ken­ne ge­gee dat hy dit nog nie oor­weeg om met an­der par­tye in ko­a­li­sie te gaan sou hy nie ’n vol­strek­te meer­der­heid in die ver­kie­sing in 2019 be­haal nie.

Dit is kort­sig­tig en spreek van ’n ge­brek­ki­ge be­grip van die werk­lik­heid. Die aan­dui­dings is sterk dat die ANC nie ’n vol­strek­te meer­der­heid sal be­haal nie en dat die par­ty dan nood­ge­dwon­ge in ’n ko­a­li­sie sal moet gaan.

Vir ge­har­de ANC-ka­ders is dít ’n on­ge­hoor­de en ver­werp­li­ke i­dee – selfs net om dit te sê. Die par­ty het dui­de­lik niks ge­leer uit die mu­ni­si­pa­le ver­kie­sing van 2016 nie.

Maar wag, die ver­lies van d­rie me­tro’s – Jo­han­nes­burg, Tshwa­ne en Nel­son Man­de­la­baai, en by­na ’n vier­de, E­kur­hu­le­ni – was mos die werk van daai ag­ter­bak­se We­ster­se lan­de?

En dis se­ker die­self­de We­ster­se sa­me­sweer­ders wat ag­ter die op­stan­de on­der die ANC se ve­te­ra­ne, vak­bond­ge­no­te en die SAKP sit? Dit is mos hul­le wat al die groei­en­de kri­tiek teen Zu­ma or­kes­treer.

’n Mens kan nie help om te won­der hoe lank dit gaan neem voor­dat adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa en SAKP­ka­me­ra­de soos Je­re­my Cro­nin uit­ge­wys gaan word as la­keie van daar­die bo­se We­ster­se mag­te nie.

Die skrif is al hoe dui­de­li­ker aan die muur vir Zu­ma, maar hy wei­er om dit te lees. Hy ver­kies eer­der om fa­bel­ag­ti­ge kom­plot­te o­ral rond­om hom te sien. ’n Be­nou­de kat wat be­nou­de spron­ge maak? In­der­daad.

Dit lyk al hoe dui­de­li­ker dat N­ko­sa­za­na Dla­mi­ni-Zu­ma, Ra­map­ho­sa se ver­naam­ste teen­stan­der om Zu­ma as ANC-lei­er op te volg, baie hard sal moet werk om die af­ge­vaar­dig­des na De­sem­ber se ver­kie­sings­kon­fe­ren­sie te oor­tuig sy is die bes­te kan­di­daat.

’n Mens wil nie on­reg­ver­dig wees teen­oor haar nie, maar dit word al­ler­weë aan­vaar dat sy nie veel be­ter as haar ge­we­se man sal wees nie én dat sy hom waar­skyn­lik sal pro­beer be­skerm teen die hon­der­de klag­te van kor­rup­sie teen hom as hy nie meer ANC-lei­er of staats­hoof is nie.

Sy doen geen moei­te om haar te dis­tan­si­eer van Zu­ma se mis­tas­tings nie. Sy is tjoep­stil oor die ver­trap­ping van sy amps­eed, as­ook oor staat­skaping en die Gup­tas.

Só ver­sterk sy bloot die groei­en­de ver­moe­de dat Suid-A­fri­ka en baie in die ANC al hoe min­der ap­tyt het om een Zu­ma vir ’n an­der te ver­ruil.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.