C­hee­tahs, Kings se weg­la­ting bied nu­we ge­leent­he­de

Beeld - - KOMMENTAAR -

Die C­hee­tahs en Sout­hern Kings se lang­ver­wag­te weg­la­ting uit Su­per­rug­by is met die aan­kon­di­ging daar­van ver­le­de week meest­al nie as ’n slag be­groet nie, maar eer­der as ’n ge­leent­heid dank­sy hul toe­koms­ti­ge deel­na­me “in die noor­de” wat wink. Die fi­na­le aan­kon­di­ging dat hul­le in ’n uit­ge­brei­de Eu­ro­pe­se Pro 12-reeks, ge­naamd die Pro 14, gaan speel, volg eers­daags.

Die her­skik­king van Su­per­rug­by weens die on­vol­hou­ba­re for­maat van die reeks is as ’n re­a­li­teit be­groet. Daar was te veel span­ne en wed­stry­de en die rond­reise­ry en lang vlug­te het hul tol ge­ëis. Dit was ook die ge­volg van San­zaar se aan­drang daar­op dat die Ar­gen­tyn­se Ja­gua­res en die Ja­pan­se Sun­wol­ves in Su­per­rug­by móés speel, laas­ge­noem­de van­weë die aan­bie­ding van 2019 se Wê­reld­be­ker-rug­by­toer­nooi in Ja­pan.

Die ver­gro­te reeks het mis­luk. Die kwy­nen­de ky­ker­tal van te­le­vi­sie-rug­by het San­zaar se beur­sie ge­knyp om­dat ver­al te­le­vi­sie-reg­te as ’n bron van in­kom­ste be­dreig is. Al sê Sa­ru dit was “vry­wil­lig”, was dit ’n uit­ge­maak­te saak dat die C­hee­tahs en Kings vir die Ja­pan­se en Ar­gen­tyn­se span­ne sou moes plek­maak.

Met ver­dien­ste as maat­staf, kan die keu­se van die weg­ge­la­te span­ne wel be­vraag­te­ken word. Die Sun­wol­ves hoort dui­de­lik nie in Su­per­rug­by nie.

Die C­hee­tahs het van­jaar nie op die pun­te­lys waf­fers ge­vaar nie, maar bly ’n kweek­skool van spe­lers en skep­pen­de rug­by. En met hul ver­to­ning van­jaar, moes die Kings eint­lik bo die Blou Bul­le vir die Su­per­reeks be­houe ge­bly het. Ook hul toe­skou­ers se by­wo­ning en gees­drif be­hoort an­der span­ne se on­der­steu­ners te laat bloos.

Die C­hee­tahs en Kings ver­dien lof vir die wy­se waar­op hul­le die re­a­li­teit van hul weg­la­ting be­stuur het. Dank­sy die “goeie en aan­vaar­ba­re skik­king” met Sa­ru is hul oë op die toe­koms ge­rig.

Vir hul­le wink die voor­uit­sig om teen span­ne soos Mun­ster, Lein­ster, Ne­w­port G­went Dra­gons, S­car­lets, Ul­ster, Glas­gow War­ri­ors, Con­nacht en T­re­viso te speel in ’n reeks wat lo­gis­tiek ge­spro­ke sin maak. Die Eu­ro­pe­se span­ne kom speel ook hier. Rug­by­lief­heb­bers raak weer op­ge­won­de. Vir Suid-A­fri­kaan­se rug­by bring dit ’n veel­vlak­ki­ge uit­brei­ding van sy ba­sis mee. Dit lui ’n tyd­vak in waar­na ver­sig­tig op­ti­mis­ties uit­ge­sien word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.