Ons waar­des het nou te ver ge­daal

Beeld - - KOMMENTAAR - Kal­lie du P­les­sis, Van­der­bijl­park

Ek lees oor sta­kings o­ral, ook by die Na­si­o­na­le Die­re­tuin in P­re­to­ria. Met som­mi­ge van hier­die sta­kings wat die land ver­lam en die e­ko­no­mie erg knou, het ek ’n ma­te van em­pa­tie, maar waar daar men­se­le­wens en die­re be­trok­ke is, ver­vul dit my met af­gry­se en weer­sin.

Dees­dae maak dit blyk­baar nie saak as die meer­der­heid staak en nood­saak­li­ke diens­te nie ge­le­wer word nie. Hoe laat ’n mens pa­si­ën­te sterf en die­re hon­ger en dors ly om­dat jy vir eie ge­win toi-toi en nie die be­lof­te van jou be­roep eer nie?

Wat­ter trots het jy as jy al­les som­mer net kan neer­smyt, die stra­te in­vaar en ver­woes­ting saai om­dat jy on­ge­luk­kig is oor jou diens­voor­waar­des? Hoe­kom bly jy dan in daar­die be­roep en vat jy nog­tans el­ke maand jou sa­la­ris?

Deur die ja­re heen is ver­al die ver­pleeg­be­roep ge­sien as een wat deer­nis en em­pa­tie verg. In die ver­le­de was al­les blink en hi­gi­ë­nies en lin­ne en bed­de­goed was kraak­vars en skoon.

Nou is die die­re in die­re­hos­pi­ta­le be­ter daar­aan toe as men­se in staats­hos­pi­ta­le.

Hoe het dit ge­beur dat waar­des so laag ge­daal het? Hoe­kom moet ons te­vre­de wees met diens­te van men­se wat nie ’n snars om­gee nie? Ons bly bid en ge­veg­te vind in die me­dia en ho­we plaas, maar heel dik­wels kom ons maar druip­stert daar­van af.

Dit wil al vir my voor­kom of selfs die Lie­we Heer sy rug op ons ge­draai het in Suid-A­fri­ka.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.