Red re­sen­sent van eie re­sen­sie

Beeld - - KOMMENTAAR - Per­fi­di­us Al­bi­on, Port E­li­za­beth

Die re­sen­sie van Ru­an Fou­rie se dig­bun­del (10.07) het be­trek­king. ’n Mens won­der wat die groot li­te­rê­re fi­gu­re wie se na­me ge­bruik word in die ge­skrif­fie sou dink van die re­sen­sie – groot na­me wat be­trek word om dit meer ge­loof­waar­dig­heid te gee.

Die re­sen­sie ver­val in ri­ool­sloot­kri­tiek – kri­tiek teen ’n jeug­di­ge dig­ter wat dit waag om die ver­he­we ter­rein van A­fri­kaan­se dig­kuns te be­tree son­der om moeë me­ta­fo­re en en­jam­be­men­te van ge­ves­tig­de dig­kuns na te aap; ’n ge­leent­heid om ’n on­smaak­li­ke sto­rie oor ’n waar­di­ge let­ter­kun­de­pro­fes­sor die wê­reld in te s­tuur; om sy eie frus­tra­sie teen­oor stu­den­te se skryf­werk uit te spreek.

Ver­ge­lyk dit met die uit­ste­ken­de re­sen­sie op die­self­de blad­sy waar E­tien­ne van Heer­den se nu­we ro­man kri­ties en saak­lik ont­leed word son­der om af­ge­trek te word deur per­soon­li­ke voor­keu­re en voor­oor­de­le.

’n Re­sen­sent moet soms ge­red word van sy eie re­sen­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.