Soms help be­sig bly wel

Beeld - - KOMMENTAAR - He­len, High­lands­Noord

Aar­de, wat gaan aan met al­mal wat so op An­ne­lie Bo­tes se rug spring?

Sy het ge­praat oor hoe om jou gril­le en gei­te en pro­bleem­pies wat deur die ja­re in jou siel kom sit en krap te han­teer.

Daar­voor help pil­le en self­dood­nei­gings nie. Sy praat nooit een keer van de­pres­sie nie. Lees haar boe­ke en ver­staan die vrou wat wor­stel met haar te­leur­stel­lings, uit­da­gings en spo­ke uit die ver­le­de. Hier­na sal haar po­gings wat sy in die ru­briek be­skryf om dit te han­teer baie goed ver­staan word. Sy ver­wys nie na haar pro­ble­me as ’n psi­gi­a­trie­se siek­te of de­pres­sie nie. Daar moet baie men­se wees wat hier­die self­de pro­ble­me er­vaar en ge­bruik maar ge­rus haar raad. Om be­sig te bly is die e­nig­ste uit­koms.

Die ou­men­se het ge­sê: “Le­dig­heid is die dui­wel se oor­kus­sing.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.