Mid­del­blad

Be­sin oor dít waar­oor Je­sus wel ge­praat het

Beeld - - MIDDELBLAD - Jaco S­try­dom

Kerk­men­se kan soms erg te­ke­re gaan oor din­ge waar­oor Je­sus niks ge­sê het nie, ter­wyl hul­le dik­wels te min maak van die din­ge waar­oor hy wel baie te sê ge­had het, dié din­ge waar­oor hy baie dui­de­lik was.

’n Tyd ge­le­de praat ek by ’n ge­meen­te, en ná die tyd is daar ’n ge­leent­heid vir vrae.

“Wat is jou sie­ning oor die gays?” vra ’n man met ’n snor in die der­de ry. “Wat is jou naam?” vra ek. “Jo­han,” sê hy (’n skuil­naam en hy het nie rê­rig ’n snor nie).

“Is jy gay, Jo­han?” vra ek en sien die skrik in sy twee kin­ders se oë. Vir ’n oom­blik lyk dit of hul­le wil be­gin lag. Sy vrou lyk of sy wil flou word, of sy wil hê die kerk­bank moet haar in­sluk. Jo­han self is dui­de­lik nie lek­ker nie, sy ge­sig word al rooi­er, dit lyk of hy pro­beer sluk. “Nee,” ant­woord hy en maak keel­skoon. “Vra jy om­dat ie­mand na­by jou gay is? Ie­mand in jou ge­sin, ’n goeie vriend?” “Nee.” “O,” sê ek, “nou kom ons praat dalk eer­der oor iets wat jou raak.”

Je­sus het ge­sê ons moet eers die balk uit ons eie oog haal – en as ek reg ont­hou, het Je­sus niks oor gays ge­sê nie.

Dalk moet ons eer­der praat oor daai teks waar Je­sus vir die ryk jong man ge­sê het hy moet sy goed ver­koop en die geld vir die ar­mes gee. Dat ons nie skat­te op aar­de by­me­kaar moet maak nie. Of daai ver­sie wat sê as ons be­geer­li­ke ge­dag­tes oor ’n an­der vrou het, is ons skul­dig aan o­wer­spel. Of dat hy barm­har­tig­heid vra en nie of­fers nie. Of dat ons vir ons vy­an­de moet lief wees. Die an­der wang moet draai . . .

Maar ons wil nie oor daai din­ge praat nie – want dit raak ons te per­soon­lik. Ons wil eer­der oor die din­ge praat wat an­der men­se raak, al het Je­sus niks daar­oor ge­sê nie. Dis min­der on­ge­mak­lik om splin­ters uit te haal as bal­ke.

Ek vang my­self dat ek baie soos Jo­han is, net oor an­der goed. Dalk is dit om­dat ons be­ter oor ons­self voel as ons vin­ger kan wys na an­der. “Ek is da­rem nie só nie,” wil die ego ons ge­rus­stel.

Diep bin­ne ons is hier­die i­dee dat die groot pro­bleem – die eint­li­ke re­de waar­om die wê­reld lyk soos sy lyk – ie­wers bui­te ons in “an­der men­se” rond­hang. Die gro­ter pro­bleem is eg­ter am­per al­tyd aan die bin­ne­kant.

Leo Tol­stoi het ge­sê: “Al­mal wil die wê­reld ver­an­der, maar nie­mand wil hom­self ver­an­der nie.”

Dit her­in­ner aan ’n Rus­sie­se grap­pie uit die kom­mu­nis­tie­se dae.

’n Po­li­ti­kus kom by ’n boer aan en vra: “Het jy ’n trek­ker en sal jy dit gee vir die volk?”

“Ja,” sê die boer “ek sou, as ek ’n trek­ker ge­had het.” “’n Koei?” “Ja.” “Wat van ’n sleep­wa?” “Ja, na­tuur­lik.” “’n Vark?” “Nee!” sê die boer. Die po­li­ti­kus is ont­steld. Hoe kan hy be­reid wees om ’n trek­ker, ’n koei en ’n sleep­wa te gee, maar nie ’n vark nie, vra hy.

“Want ek het ’n vark,” ant­woord die boer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.