Goeie nuus

In wag is daar groot krag

Beeld - - MIDDELBLAD - – S­te­phan Jou­bert

Ha­ba­kuk tree op as pro­feet in ’n don­ker tyd van kor­rup­sie, ge­weld en on­reg wan­neer die mag­ti­ge Ba­bi­lo­ni­ërs Je­ru­sa­lem be­dreig.

In hier­die tyd moet Ha­ba­kuk ook leer om self op die He­re te wag (2:1). Dan hoor hy God se stem wat die he­le aar­de op­roep om stil te wees voor hom (2:20).

Ha­ba­kuk leer in dié pro­ses in wag is daar groot krag, mits jy op die He­re wag.

Nee, jy wag nie op diens of ant­woor­de nie, jy wag net op God. Hy is die ant­woord. Hy is die deur­braak. Hy is die o­plos­sing. Hy is die ge­beds­ver­ho­ring.

Sy teen­woor­dig­heid is meer as ge­noeg. Jy wag op hom al­leen. Jy wag tot­dat jou oog ver­skuif van­af jou eie be­hoef­tes na God self.

Jy wag tot jou rus­te­lo­se hart tot rus kom en jou be­vrees­de ge­moed kalm raak.

Om te wag is om diep in jou bin­ne­ste stil te word voor God. Dit is om tot vre­de te kom met hom en met jou­self.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.