‘Dit is nie A­fri­ka dié’

SA vrou van trap ge­stamp

Beeld - - WÊRELDBEELD - An­na­li­ze De­de­kind

Die in­ter­na­si­o­na­le nuus­me­dia gons oor Si­bahle S­te­ve N­kum­bi, ’n jong Suid-A­fri­kaan­se rol­prent­ma­ker wat in Ne­der­land deur die Ai­rbnb-ver­huur­der waar sy en haar vrien­de in Am­ster­dam ’n woon­stel ge­huur het, van die trap af­ge­stamp is.

Hul­le moes glo op 8 Ju­lie hul woon­stel 11:00 ver­laat, maar teen 12:00 was die woon­stel nog be­set.

In ’n YouTu­be-vi­deo, wat sy ook op haar Fa­ce­book-blad ge­plaas het, ver­tel sy hoe die man in Ne­der­lands op hul­le be­gin skree, hul ba­ga­sie uit die ka­mer ge­dra, haar hard­han­dig han­teer en haar toe by die trap af­ge­stamp het.

Huf­fing­ton Post be­rig Guil­ly Kos­ter, ’n Ne­der­land­se blog­ger, sê op sy Fa­ce­book-blad die man is in heg­te­nis ge­neem.

Za­ne­le Mu­ho­li, ’n fo­to­graaf, het die vi­deo van die voor­val op Fa­ce­book ge­plaas. Haar Fa­ce­book-bood­skap by die vi­deo lui: “Een van my vrien­de/In­ka­nyi­so-le­de is deur die Ai­rbnb-ei­e­naar van die trap af­ge­stamp. Hy het hul be­sit­tings uit­ge­gooi . . . oor ’n paar mi­nu­te se laat uit­boek. Sy het in­me­kaar­ge­stort en in die hos­pi­taal be­land. Sy het in­ter­ne be­se­rings en kneus­plek­ke op­ge­doen. Is so kwaad hier­oor, ek kon nie slaap nie. Dit is ras­sis­me en kan nie goed­ge­praat word nie . . . ”

In die vi­deo sê N­kum­bi die man het hul­le “jul­le men­se” ge­noem. “Jy is nie die ko­nin­gin wat jy dink jy is nie. Jy moet nou loop. Hier­die is nie A­fri­ka nie.”

“Jy ver­wag so iets in SuidA­fri­ka, nie hier nie.

“E­ni­ge mens van kleur wat hier­oor lees en al ras­sis­tie­se aan­val­le ge­sien het, sal weet wan­neer dit met hul­le ge­beur.

“En die skul­di­ge maak al­tyd se­ker hul­le sê iets vaags . . . so­dat niks teen hul­le be­wys kan word nie. As dit ’n wit mens was, kan ek jou waar­borg sou dit an­ders uit­ge­werk het.”

The In­de­pen­dent sê op sy web­werf Ai­rbnb kon nie be­ves­tig of die man in die vi­deo in heg­te­nis ge­neem is nie.

Da­vid King, di­rek­teur van di­ver­si­teit van Ai­rbnb, het aan The In­de­pen­dent ge­sê nie­mand be­hoort so be­han­del te word nie en dit sal nie ge­duld word nie.

Fo­to: YOUTU­BE

Si­bahle N­kum­bi

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.