May skors LP ná ras­sis­tie­se uit­la­ting in B­rex­it­be­spre­king

Beeld - - WÊRELDBEELD -

’n Par­le­ments­lid van die B­rit­se Kon­ser­wa­tie­we Par­ty is Maan­dag ge­skors na­dat sy ’n ras­sis­tie­se uit­la­ting in ’n be­spre­king van B­rex­it ge­maak het.

An­ne Ma­rie Mor­ris, die par­le­ments­lid vir Ne­w­ton Ab­bot wat in die 2016-re­fe­ren­dum ge­stem het dat B­rit­tan­je die Eu­ro­pe­se U­nie ver­laat, was be­sig om te ver­dui­de­lik wat sy dink no­dig is om ’n suk­ses­vol­le B­rex­it te ver­se­ker toe sy die woord n****r ge­bruik het.

Dit is ’n woord wat voor­heen dik­wels ge­bruik is om iets on­ver­wags en ver­keerd te be­skryf, maar word nou as ras­sis­ties be­skou.

“En dan kom ons by die reg­te ‘n****r’ in die hout­sta­pel wat in twee jaar sal ge­beur. Wat sal ge­beur as daar geen oor­een­koms is nie?” het Mor­ris ge­vra.

Sy het la­ter on­om­won­de om ver­sko­ning ge­vra.

T­he­re­sa May, B­rit­se pre­mier, sê sy is ge­skok oor Mor­ris se uit­la­ting. “Sul­ke taal­ge­bruik het géén plek in die po­li­tiek of in van­dag se sa­me­le­wing nie,” sê May.

Sy sê sy het da­de­lik die hoof­sweep ge­vra om die par­ty­sweep te skors.

Dit be­te­ken dat Mor­ris as ’n on­af­hank­li­ke lid sal dien wat May se ver­moë om wet­ge­wing deur te voer, kan be­na­deel.

Die Kon­ser­wa­tie­we Par­ty het in Ju­nie die meer­der­heid in ’n ver­kie­sing ver­loor.

May het nie ge­sê hoe lank die skor­sing sal geld en of Mor­ris uit­ge­skop gaan word nie.

Ver­skeie le­de van die Kon­ser­wa­tie­we Par­ty en op­po­si­sie­par­tye vra dat Mor­ris per­ma­nent ge­skors word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.