C­hi­na kap te­rug oor N­Ko­rea

Beeld - - WÊRELDBEELD -

C­hi­na het gis­ter on­ge­woon skerp ge­re­a­geer op her­haal­de ver­soe­ke uit die VSA om meer druk op Noord-Ko­rea te plaas om op te hou met wat hy noem “C­hi­na se ver­ant­woor­de­lik­heids­te­o­rie” en sê al­le par­tye moet hul deel doen.

Pres. Do­nald Trump van die VSA het ’n meer ver­soe­nen­de toon op ’n ver­ga­de­ring Sa­ter­dag met pres. Xi Jin­ping van C­hi­na aan­ge­slaan, maar het sy on­ge­duld laat blyk dat C­hi­na, met sy noue e­ko­no­mie­se en di­plo­ma­tie­ke ban­de met Pyongy­ang, nie ge­noeg doen om Noord-Ko­rea te be­teu­el nie – ver­al wat be­tref dié land se toet­sing van bal­lis­tie­se mis­sie­le.

Toe Geng S­hu­ang, woord­voer­der van die C­hi­ne­se mi­nis­ter van bui­te­land­se sa­ke, ge­vra is oor die be­roep van die VSA, Ja­pan en an­de­re om meer druk op Noord-Ko­rea te plaas, het hy ge­sê dit is nie C­hi­na wat die span­ning laat op­laai nie en die sleu­tel tot ’n o­plos­sing lê nie by Bei­jing nie.

“Om an­der te vra om die werk te doen, maar dan self nie ’n vin­ger te ver­roer nie, is nie ou­kei nie,” sê hy.

“Om in die rug ge­steek te word, is reg­tig nie ou­kei nie.”

C­hi­na bla­meer ook die VSA en Suid-Ko­rea dat hul­le die span­ning met húl mi­li­tê­re o­pe­ra­sies ver­der ver­hoog.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.