SA man stof dui­sen­de uit met na­tuur­fo­to

Beeld - - NUUS - El­sje du Toit

Geo Joos­te (60), on­der­hoof van die Ho­ër­skool Sen­traal, was stom­ge­slaan toe sy fo­to van ’n slang­hals­vo­ël wat pas uit die wa­ter by die Vry­staat­se Na­si­o­na­le Bo­ta­nie­se Tuin ge­kom het, as wen­ner in die Na­tu­re’s Con­ser­van­cy P­ho­to Con­test aan­ge­wys is.

“Dit was ’n groot ver­ras­sing en ’n groot voor­reg (toe hy die nuus ge­kry het),” sê hy.

“Die or­ga­ni­seer­ders het my laat weet daar was 33 000 in­skry­wings uit 141 lan­de.”

Hy kui­er nou by sy dog­ter in die VSA. “Dit was sy wat my aan­dag op die kom­pe­ti­sie ge­ves­tig het. Ek het toe maar ’n paar fo­to’tjies ge­soek wat ek kon in­skryf.”

Joos­te het toe be­sluit om die fo­to van die slang­hals­vo­ël in te skryf.

Dit was die eer­ste keer dat hy vir dié kom­pe­ti­sie in­ge­skryf het, maar het al voor­heen vir an­der in­ter­na­si­o­na­le kom­pe­ti­sies, soos Na­tu­re Best P­ho­to­grap­hy A­fri­ca, in­ge­skryf. Hy het ver­le­de jaar ’n twee­de plek in dié kom­pe­ti­sie in die Bi­rd Be­ha­vi­ou­ral-ka­te­go­rie be­haal.

“Fo­to­gra­fie is rê­rig ’n pas­sie. Ek is nie ’n pro­fes­si­o­ne­le fo­to­graaf nie, maar dit (fo­to­gra­fie) is so ’n bie­tjie meer as net ’n stok­perd­jie.”

Geo se prys, van $1 000 (so­wat R13 547), sluit ka­me­ra­toe­rus­ting, pro­gram­ma­tuur en ge­skenk­be­wy­se vir bui­te­lug­toe­rus­ting en -kle­re in. Sy naam en fo­to sal ook in The Na­tu­re Con­ser­van­cy se be­kroon­de A­me­ri­kaan­se tyd­skrif, as­ook in The Na­tu­re Con­ser­van­cy se 2019-ka­len­der ver­skyn.

Fo­to: GEO JOOS­TE

Die wen­fo­to waar­mee Geo Joos­te van Bloem­fon­tein in ’n in­ter­na­si­o­na­le fo­to­gra­fie­kom­pe­ti­sie 33 000 in­skry­wings uit­ge­stof het.

Geo Joos­te

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.