‘Wild­tuin­leeus ont­snap ge­reeld’

Beeld - - NUUS - Je­a­nel­le G­rey­ling

Dit is nie so vreemd dat ne­ge leeus die af­ge­lo­pe twee maan­de uit die Kru­ger­wild­tuin ont­snap het nie, want leeus is “be­rug daar­voor dat hul­le die grond on­der die hei­nings uit­gra­we”.

So sê dr. Mar­kus Hof­meyr, hoof van die wild­tuin se vee­art­se­ny­diens­te, oor die vier leeus wat glo uit die Kru­ger­wild­tuin ont­snap het.

Die leeus is Son­dag­aand laas by Mat­su­lu in M­pu­ma­lan­ga ge­sien.

Hof­meyr sê dit is “on­waar­skyn­lik” dat dit die­self­de leeus is wat in Mei van­jaar uit die Kru­ger­wild­tuin ont­snap het en na­by Ko­ma­ti­poort op­ge­spoor is.

“Die om­hei­ning waar­deur die vyf leeus twee maan­de ge­le­de ont­snap het, is baie ver van die plek waar die leeus dié keer uit­ge­kom het.”

Vier jong leeu­man­ne­tjies is in Mei na­by Ko­ma­ti­poort op­ge­spoor na­dat hul­le uit die wild­tuin ont­snap en ’n bees ge­vang het.

’n Ne­gen­de leeu waar­na vroe­ër ge­soek is, is nooit op­ge­spoor nie. We­ten­skap­li­kes van die wild­tuin meen dat hy self te­rug­ge­keer het.

Mi­kro­sky­fies is in die eer­ste ont­snap­te leeus in­ge­plant en San­par­ke sal dus kan vas­stel of dit wel hul­le is wan­neer die leeus ge­vang word.

Die soek­ge­sel­skap ver­moed dat die ont­snap­te leeus man­ne­tjies is wat tus­sen twee en vier jaar oud is om­dat sul­ke man­ne­tjies dik­wels nu­we woon­plek­ke soek wan­neer ou­er leeus hul­le ver­jaag.

Dr. Sam Ferreira, grootsoog­dier-e­ko­loog van San­par­ke in die wild­tuin, sê die jong man­ne­tjies het ’n baie gro­ter kans op oor­le­wing as hul­le van hul boe- lies vlug. “As hul­le (by die trop) bly, gaan hul­le in elk ge­val dood­ge­maak word,” sê Ferreira.

Dat die leeu­be­vol­king eks­po­nen­si­eel groei, dra vol­gens hom daar­toe by dat leeu­man­ne­tjies ge­reel­der ’n eie ge­bied gaan soek. “Die leeu­be­vol­king het die af­ge­lo­pe tien jaar met 20% ge­styg,” sê Ferreira.

Die soek­ge­sel­skap, on­der wie le­de van San­par­ke, M­pu­ma­lan­ga se toe­ris­me-en-par­ke-a­gent­skap (MTPA) en die po­li­sie, fyn­kam tans die Kro­ko­dil­ri­vier-be­wa­rings­ge­bied vir die leeus. Hul­le glo dat die leeus hul­le tans in die berg­ag­ti­ge en dig be­bos­te ge­bied van 27 000 ha be­vind.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.