No­ah, B­rits en Mey­er op kort­lys vir Book­sel­lers’ C­hoi­ce­pry­se

Beeld - - KUNS & VERMAAK - La­e­ti­tia Pop­le

Die joer­na­lis El­sa­bé B­rits se E­mi­ly Ho­bhou­se: Ge­lief­de ver­raai­er en De­on Mey­er se jong­ste ro­man, Koors, is op die kort­lys van die jaar­lik­se Book­sel­lers’ C­hoi­ce-pry­se.

Die pry­se word deur die South A­fri­can Book­sel­lers As­so­ci­a­ti­on toe­ge­ken en is op boek­han­de­laars se eie keu­se van hul guns­te­ling­boe­ke ge­grond. Dit is die boe­ke wat hul­le die mees­te ge­niet het om self te lees en te ver­koop.

Die vol­le­di­ge kort­lys is: ) B­rits se E­mi­ly Ho­bhou­se: Ge­lief­de ver­raai­er, wat in A­fri­kaans en En­gels uit­ge­reik is. Dit fo­kus op dié B­rit­se vrou wat in weer­wil van haar Vic­to­ri­aan­se op­voe­ding ge­durf het om die sta­tus quo van die mag­tig­ste ryk op aar­de uit te daag. Dit is deur Ta­fel­berg uit­ge­gee. ) Mey­er se Koors. Dit speel in ’n Suid-A­fri­kaan­se land­skap son­der men­se af waar die 13ja­ri­ge Nico Storm en sy pa, Wil­lem, die koors vry­ge­spring het wat al­mal uit­ge­delg het. Uit­ge­le­wer aan ver­hon­ge­ring met al hoe min­der blik­kies­kos in die ver­la­te win­kels, Koe­berg-be­stra­ling in die Wes-Kaap en moord­da­di­ge hon­de- ben­des – én men­se­ben­des – swerf Nico en sy pa op soek na ’n plek om weer ’n sa­me­le­wing te ves­tig. Dit is deur Hu­man & Rous­seau uit­ge­gee. ) Dik­gang Mo­se­ne­ke, ’n af­ge­tre­de on­der­hoof­reg­ter van die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof, se ou­to­bi­o­gra­fie, My Own Li­be­ra­tor. Hy skryf oor sy voor­va­ders en hul­dig die tal­le ge­meen­skap­pe wat ’n vor­men­de in­vloed op hom ge­had het. Hy fo­kus ver­al op ge­dwon­ge ver­skui­wings en die in­vloed daar­van op men­se. Hy ver­tel ook van sy ja­re op Rob­ben­ei­land, waar sy von­nis be­gin het toe hy net 15 jaar oud was. Dit is die eer­ste van twee me­moi­res uit Mo­se­ne­ke se pen en is deur Pan Ma­cmil­lan uit­ge­gee. ) Jan: A B­re­ath of F­rench Air deur die bo­baas­sjef Jan Hen­drik van der West­hui­zen. Dit is ’n me­moi­re en re­sep­te­boek ter vie­ring van Jan, sy Mi­che­lin-re­stau­rant in die sui­de van Frank­ryk. ) Koel­soem Ka­ma­lie en Flo­ri S­chrik­ker se Kook saam Kaaps, uit­ge­gee deur La­pa. Dit fo­kus op huis­kos soos boon­tjie­bre­die, kool- frik­ka­del­le, ta­ma­tie­bre­die, en sa­go- en brood­poe­ding. Dié twee af­ge­tre­de vroue van Bon­te­heu­wel is be­kend vir hul be­son­de­re kon­trei­kos. ) T­re­vor No­ah, ko­me­di­ant en aan­bie­der van The Daily S­how in New York, se ou­to­bi­o­gra­fie, Born a C­ri­me: S­to­ries from a South A­fri­can C­hild­hood. Daar­in fo­kus hy on­der meer op sy ma, Pa­tri­cia Nom­buyi­se­lo No­ah, se in­vloed op hom en sy le­we in Suid-A­fri­ka on­der a­part­heid.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.