Dok­kie kyk na ver­dor­ring van siel

Beeld - - KUNS & VERMAAK - Mar­le­ne Ma­lan

Droog­te is nie net wa­ter wat nie in ’n tenk is nie. Droog­te is ook nie net ’n tyd­perk waar­in dit nie ge­re­ën het nie. “As die re­ën weg­bly, ver­an­der al­les. Eers die re­ën­val­pa­troon. Dan raak die die­re rus­te­loos.”

Só ver­tel Pat Ma­rin­co­witz (92), meer as 70 jaar ’n boer na­by Prins Al­bert, in Eer­ste­wa­ter, ’n do­ku­men­têr wat pas uit­ge­reik is deur Hélè­ne S­mit, ’n siel­kun­di­ge en skry­wer wat ook hier woon.

Eer­ste­wa­ter, ge­noem na die eer­ste wa­ter­bron in die Swart­berg­pas aan Prins Al­bert se kant, “ver­tel die ver­haal van die ont­wik­ke­ling van die mens­li­ke psi­ge, met die be­na­de­ring dat jou psi­ge op baie spe­si­fie­ke ma­nie­re in hok­kies ver­deel om te oor­leef,” sê S­mit.

Om dit te il­lus­treer, het sy die dorp en sy men­se in­ge­span. “Prins Al­bert is ’n blou­druk van ’n gro­ter wê­reld. Na­by ge­noeg om nie af­ge­leë te wees nie, ver ge­noeg om sy eie per­soon­lik­heid te vorm.”

Die do­ku­men­têr is ge­grond op S­mit se boek Be­ne­ath: Ex­plo­ring the Un­con­s­ci­ous in In­di­vi­du­als, wat sy saam met Plu­to Pa­nous­sis ge­skryf het. Pa­nous­sis, ’n do­sent aan die O­pen Win­dow-in­sti­tuut in Cen­tu­ri­on, as­ook A­dri­aan de la Rey en Lo­de­wyk Bark­hui­zen, was haar me­de­ver­vaar­di­gers.

“Wa­ter” word as me­ta­foor in­ge­span, en daar­om is die sub­ti­tel In Se­arch of the Well­spring.

“Wa­ter is le­we. Dit sim­bo­li­seer ons le­wens­drang.”

Deur die ver­ha­le van Hen­ry Prins en Wilf­red Maar­man, twee tie­ner­seuns wie se le­wens­be­skou­ing ge­vorm is deur spe­si­fie­ke leef­om­stan­dig­he­de, il­lus­treer sy die ver­wik­keld­heid van die psi­ge. “Eers as die be­wus­syn en die on­der­be­wus­syn een word, kan ons ons vol­le po­ten­si­aal be­reik.”

Daar is Neels van der Nest wat sy vrou se ge­bak ver­koop om hul in­kom­ste aan te vul; Sa­rah van Rooi, voor­san­ger en riel­dans­af­rig­ter; die U­ni­ty Ma­le Voi­ces, die dorp se “King Sin­gers”; en Mag­gie Hen­driks, die be­jaar­de bruin vrou wat ’n wit mei­sie­tjie op­ge­pas en haar ou­ers les­se in kind­groot­maak ge­leer het. Daar is Jaf­ta en Ka­trie­na Pie­ter­sen – Jaf­ta die dorp se top­draad­span­ner, Ka­trie­na die ge­sins­bou­er; Jo­seph S­teyn, nog ’n boer, wat die grond, lug, klip­pe, plan­te en die­re van die Ka­roo soos die palm van sy hand ken.

Ook Piet Cor­dier, ook B­lin­de Piet of Piet Be­ne ge­noem, ja­re lank ka­fee-ei­e­naar, ook ’n bo­baas­ki­taar­spe­ler en kla­vier­stem- mer. Piet het sy sig as peu­ter ver­loor toe sy oë weens ’n siek­te ver­wy­der is en al­bei sy on­der­be­ne toe ’n trein oor die b­lin­de tie­ner­seun se be­ne ge­ry het.

En Pat, wat weens doof­heid uit­ge­sluit voel.

“Eers as dié groe­pie, al­mal half bui­te­stan­ders, hul ver­de­di­gings­me­ga­nis­mes af­ta­kel, kan hul­le hul vol­le po­ten­si­aal be­reik. Ge­ne­sing en trans­for­ma­sie ge­beur as ons aan­dag gee aan ons in­ter­ne kon­flik­te, in­tu­ï­sie en dro­me.”

S­mit is die ver­tel­ler, in A­fri­kaans, met En­gel­se on­der­skrif­te. Die “ak­teurs”, wat s­to­ries uit hul le­we ver­tel, il­lus­treer hoe die mens sy le­we in­rig op grond van oor­le­wings­re­ëls. “Eer­ste­wa­ter is ’n sa­me­voe­ging van s­to­ries, mu­siek en vi­su­e­le sim­bo­liek in die dor­re Ka­roo­land­skap. Dit on­der­soek die ma­nie­re waar­op die mens in sy psi­ge, die on­be­wus­te­li­ke fon­tein van oor­le­wing, delf om aan die le­we te bly,” sê sy.

T­re­vor Steele Taylor, ku­ra­tor van die Gra­ham­stad­se F­liek­fees, be­skryf Eer­ste­wa­ter as uit­ste­kend.

“Ek sou selfs sê dis een van die groot Suid-A­fri­kaan­se flieks van die af­ge­lo­pe paar jaar. Die prent het ’n groot toe­koms. Die ka­me­ra­werk, re­di­ge­ring en on­der­hou­de is won­der­lik.” ) Eer­ste­wa­ter o­pen op 28 Ju­lie in die La­bia in Kaap­stad en The Bi­o­sco­pe in Jo­han­nes­burg. Dit draai op 31 Ju­lie om 18:30 in die At­ter­bu­ry-te­a­ter in P­re­to­ria.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.